AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00

Koop en betaal, sonder om uit jou kar te klim

akkreditasie
Soek jy “supermarket of the future”, skop Google duisende video’s en artikels uit oor hoe dié ondernemings vorentoe gaan lyk.

Vroeër vanjaar het Fruit Logistica se neigingsverslag, saamgestel deur die navorsingsinstansie Oliver Wyman, die lig gesien. Daarin word voorspel dat verbruikers sommer binne die volgende paar jaar ál meer gaan staatmaak op aanlyn inkopies om hul vyf porsies groente en vrugte per dag te bekom – met verreikende gevolge vir tradisionele supermarkte.

“Die aanlyn-deel van kruidenierskleinhandel is nog relatief klein in die meeste wêrelddele. Die aandeel van ultravars kategorieë, insluitende vrugte en groente, is selfs kleiner. Ten spyte van die beskeie begin, verwag ons dat die aanlyn kanaal oor die volgende jare al hoe belangriker gaan raak,” lui die verslag. 

Bly laaste staande

Luidens die Fruit Logistica-verslag sal die aanlyn sektor kruidenierswinkels op verskillende maniere raak.

“In sommige markte sal die ‘slegs aanlyn opsies’ ’n groot deel van die mark vat met tuisaflewerings. In ander markte sal kruidenierswinkels dalk ’n mengsel van kliek-en-kom-haal en tuisafleweringsmodelle bied. Hoe dit ookal sy, aanlyn sal tradisionele kruidenierswinkels ’n groot finansiële slag toedien, aangesien hul klein winsmarges hulle kwesbaar maak vir die kleinste verlies in markaandeel.” 

Die navorsers meen egter nie dis die begin van die einde van tradisionele kleinhandelaars nie.

“Die winkels wat wél oorleef, sal moontlik winsgewender as die gemiddeld vandag wees. Dit kan ietwat teenstrydig wees, maar om een van die oorlewendes te wees gaan nie daaroor om die aanlyn-formate te klop nie (hoewel dit kan help). Elke winkel sal sy plaaslike mededingers moet uitoorlê om die laaste winkel te wees wat in ’n gegewe gebied staande bly.”

Nuwe plan

Een manier om te sorg jou winkel bly die langste staande, is om aan verbruikers absolute gerief te bied, soos die Russiese ontwerper Semenov Dahir Kurmanbievich met sy supermarkmodel probeer doen. Volgens The Telegraph het hy in 2016 aansoek gedoen om patentregte vir ’n deurry-supermark, waar alle produkte op rollende rakke uitgestal word en inkopiegangers nooit uit hul motors hoef te klim nie.

Volgens hom sal sy plan kruideniers-inkopies geriefliker maak en klantediens verbeter, terwyl dit sommer ook die kleinhandelaar se koste sal besnoei.

Hoe sal so iets werk? By die winkel se ingang word die beskikbare stasies aan verbruikers vertoon as hulle daar inry. Sodra hulle by ’n oop stasie kom, kan hulle na hartelus begin koop uit die gerief van hul motor. Die vertikale rakke, wat soos hysbakke beweeg, sal allerhande produkte vertoon – van melk en brood tot ’n lekker bottel wyn. Al wat die klant moet doen, is om ’n knoppie te druk vir die volgende rak om af te rol met ’n nuwe stel produkte. Die kassier wag dan net ’n paar meter verder, jy swaai jou kaart en trek weg.

Mens kan net hoop padwoede spoel nie oor na die supermarkgange nie! 

'n Video is al saamgestel van hoe Kurmanbievich se model sal werk: 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.10
-0.1%
Rand - Pond
20.88
+0.1%
Rand - Euro
18.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,022.91
+1.2%
Palladium
1,660.03
-0.6%
Goud
1,916.66
+0.2%
Silwer
23.56
+0.4%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot