
'n Unieke ooreenkoms vir die verkryging van goedkoper diesel wat by pompe aangekoop word, is deur Kiaranix en Business Innovations met die TLU SA gesluit, wat die alleenreg het om dit in die landbou-waardeketting bekend te stel.
Dit is net van toepassing op sekere leweransiers, naamlik Shell en Engen, regdeur die land. Dit is ‘n welkome geskenk in die jaar wat die TLU SA 120 jaar oud word, sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die unie, in 'n nuusverklaring.
Meintjes het beklemtoon dat boere weinig aan die mark kan doen omdat hul prysnemers is. “Aan die insetkoste-kant is daar egter aspekte wat aangespreek kan word om winsgewendheid te bevorder. Hierdie is een só 'n saak."
Besparing van 70c per liter
'n Besparing van 70c per liter word verkry om die dieselkaart te gebruik wat by die TLU SA bestel kan word. In hierdie stadium is daar nie 'n voordeel vir massa-lewerings op plase nie. Op bande en ander produkte by Supa Quick en TrenTyre kan ook afslag van 37% tot 58% gekry word.
'n Baie eenvoudige proses maak die proses baie verbruikersvriendelik. Om meer inligting te bekom sowel as om te registreer, kontak enige van die ondergenoemde agente. Lys hieronder.
Vir algemene navrae kan Anne-Marie gekontak word by TLU SA se hoofkantoor by 012 804 8031.
Die lys van agente, wat FICA-geakkrediteer is, is hieronder:
Naam | Area | Kontaknommers | E-pos |
Wilma Prinsloo | Pietersburg | Sel.: 082 555 4553 Tel.: (015) 293-9804 | wilma@ntlu.co.za |
Chris Myburg | Stoffberg | Sel.: 082 417 2170 | chrismyburg@ctecg.co.za |
Izelle Enslin/Jacobs | Pietersburg | Sel.: 082 338 6601 | pietersburgdlu@gmail.com |
Runel Matthews | Pretoria | Sel.: 081 761 4854 Tel.: (012) 804-8031 | tlu@tlu.co.za |
Elzet Rautenbach | Vrystaat | Sel.: 082 358 3104 | bielie.bonsmaras@gmail.com |
Hendrik Marnewick | Lichtenburg | Sel.: 082 465 3010 | marzs6wick@gmail.com |
Erika Helm | Soutpansberg | Sel.: 079 699 6032 | erikahelm@mweb.co.za |