AFGRI
BEAN
23 Me
-
9010
27,00
CORN
23 Me
-
4896
10,00
SOYA
23 Me
-
9180
45,00
SUNS
23 Me
-
11244
149,00
WEAT
23 Me
-
8304
93,00
WMAZ
23 Me
-
4666
35,00
YMAZ
23 Me
-
4741
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Koopbewyse vir werkskepping misbruik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Jean-Marie de Waal
Foto: Jean-Marie de Waal
’n Presidensiële werkskeppingsprojek om bestaansboere te help is besig om skipbreuk te ly.

’n Presidensiële werkskeppingsprojek om bestaansboere te help om te kan produseer, is besig om skipbreuk te ly omdat sommige begunstigdes en verskaffers glo probeer om die skema te misbruik.

Die projek, bekend as die “presidential employment stimulus” (PES), behels koopbewyse aan bestaansboere wat daarvoor in aanmerking kom. Hulle is veronderstel om produksiemiddele daarmee aan te koop. Dit het in Desember 2020 begin met die mikpunt om meer as 75 000 bestaansboere te help om te kan bly produseer en só werk te skep.

Die afgelope Desember kon boere opnuut aansoek doen. Daar is voorsiening gemaak vir ’n verdere minstens 50 000 bestaansboere wat vir die koopbewyse van R1 000 tot R12 000 kon aansoek doen. Sowat 5 000 “voorligtingsbeamptes” is gewerf om met die projek te help. Aansoekers moet 18 of ouer wees, Suid-Afrikaanse burgers wees wat nie in diens van die openbare sektor of ’n staatsinstelling is nie, en aktief by die landbou betrokke wees.

Die verdeling onder begunstigdes moes 50% vroue, 40% jeugdiges en 6% mense met gestremdhede wees. Sektore wat ondersteun is, sluit in tuinbou, graanproduksie, suikerriet, katoen, pluimvee en lewende hawe.

Skaars drie weke nadat die aansoeke per SMS op 14 Desember gesluit het, waarsku die department van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling nou in ’n verklaring dat hy verslae ontvang dat die koopbewyse misbruik word. Dit sluit in dat van die koopbewyse vir kontant geruil word, wat die doelwit om produksiemiddele aan te skaf ondermyn. Sommige bestaanboere bied die bewyse te koop aan op sosiale media.

Daar is ook verskaffers wat bykomende koste hef om die koopbewyse te aanvaar.

Tot 50% meer

Verskaffers reël met handelaars om die bestaansboere tot 50% meer te vra vir die insetmiddele. Die departement sê verskaffers het pryse voorsien toe hulle kontraktuele ooreenkomste met die departement aangegaan het en daar moet by hierdie pryse gehou word.

Amptenare is besig met ’n proses om teen hierdie oortreders op te tree. Die department waarsku dat verskaffers wat oortree, op ’n swartlys geplaas sal word of aangekla kan word. Produsente wat die koopbewyse vir ander doeleindes gebruik as waarvoor dit bedoel is, sal uitgesluit word van enige verdere staatsondersteuning.

Uitbuiting

Intussen sê die DA die party word oorval met klagtes van bestaansboere dat hulle deur sogenoemde middelmanne uitgebuit word. Mnr. Noko Masipa, DA-lid van die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou, sê boere beweer as hulle die koopbewyse by verskaffers wil inruil, word hulle na tussengangers binne of buite die winkels verwys. Hierdie tusssengangers verwag van die boere om 27% van die koopbewyse se waarde as kommissie af te staan. Daar is glo ’n ooreenkoms met die regering hieroor. Die mense is klaarblyklik die voorligtingsbeamptes wat gewerf is om met die projek te help.

“Die DA gaan die kwessie by die portefeuljekomitee ophaal en die departement vra om die reëling te kom verduidelik. Die boere vra dat die koopbewyse uitgereik word sonder ’n verpligting teenoor hierdie tussengangers of agente wat dikwels nie boerdery verstaan nie. Die rol van die voorligtingsbeamptes moet ook verduidelik word, want niemand weet hoekom hulle daar is nie.”

Masipa vra boere wat uitgebuit word, om die DA of die departement te kontak. “Ons vra ook me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, om hierdie reëling met die tussengangers na te gaan en toe te sien dat meer geld in die hande van die produsente gelaat word.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
19.81
+0.2%
Rand - Euro
16.83
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.19
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,853.69
+0.4%
Silwer
21.80
+0.2%
Palladium
1,990.14
+1.0%
Platinum
961.03
+0.3%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Professionele man soek n vrou om saam die wereld te verken.
Ek is net n plesier, lag altyd, intelligent, professioneel, n vlieenier, seiljagvaarder, skubaduiker en baie romanties. Drie seuns bly en werk oorsee en is die stigter en hoof...
Opsoek na vriendskap
Jong ja. Ek is maar net n vrou wat single is. Ek is net opsoek na vriendskap vir nou. Stel nie Belang om iemand se bed maaitjie te wees nie. Wat jy sien is wat jy kry.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot