AFGRI
BEAN
15 Aug
-
8580
-88,00
CORN
15 Aug
-
4065
1,00
SOYA
15 Aug
-
8880
-23,00
SUNS
15 Aug
-
10583
136,00
WEAT
15 Aug
-
6847
-43,00
WMAZ
15 Aug
-
4283
-17,00
YMAZ
15 Aug
-
4357,2
11,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Koopbewyse vir werkskepping opgeskort

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Die presidensiële werkskeppingsprojek om bestaansboere te help om te kan produseer, is opgeskort.

Die presidensiële werkskeppingsprojek om bestaansboere te help om te kan produseer, is opgeskort nadat dit aan die lig gekom het dat sommige begunstigdes en verskaffers die skema misbruik.

Die projek, bekend as die “presidential employment stimulus” (PES), behels koopbewyse wat aan bestaansboere verskaf word om produksiemiddele mee aan te koop. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het begunstigdes in kennis gestel dat die projek met onmiddellike effek tot latere kennisgewing opgeskort word.

Die projek het in Desember 2020 begin om meer as 75 000 bestaansboere te help om te produseer en só werk te skep. Die afgelope Desember is die projek uitgebrei om ’n verdere 50 000 bestaansboere te betrek. Hulle kon aansoek doen vir R1 000 tot R12 000 se koopbewyse per huishouding. Sowat 5 000 voorligtingbeamptes is aangestel om met die projek te help.

Die stelsel is egter na bewering misbruik deur boere wat hul koopbewyse vir kontant te koop aangebied het pleks daarvan om produksiemiddele te koop. Daar was ook glo verskaffers en handelaars wat boere tot 50% meer gevra het vir insetmiddele en tussengangers wat op kommissie aangedring het.

Eindelose klagtes

Die departement sê die toepassing van die projek word nou hersien en herontwerp om die probleme uit te skakel. Daar was glo eindelose klagtes deur die begunstigdes en die breë gemeenskap oor die toepassingsproses en die departement sê hierdie kwessies kon nie geïgnoreer word nie. Daarom is die proses vir eers opgeskort.

Die departement het vroeër gewaarsku dat verskaffers wat oortree, op ’n swartlys geplaas sal word of aangekla kan word. Produsente wat die koopbewyse vir ander doeleindes gebruik as waarvoor dit bedoel is, sal ook uitgesluit word van enige verdere staatsondersteuning.

Die DA sê in ’n verklaring die party word oorval met klagtes van bestaansboere dat hulle deur sogenaamde middelmanne uitgebuit word.

Mnr. Noko Masipa, DA-lid in die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou, sê boere beweer as hulle die koopbewyse by verskaffers wil inruil, word hulle na tussengangers binne of buite die winkels verwys. Hierdie tusssengangers verwag van die boere om 27% van die koopbewyse se waarde as kommissie af te staan.

Die DA soek ook duidelikheid oor die rol van die sogenaamde voorligtingsbeamptes wat met die toepassingsproses moes help.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.42
-1.4%
Rand - Pond
19.84
-1.0%
Rand - Euro
16.74
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-1.6%
Goud
1,774.71
-1.5%
Silwer
20.23
-2.8%
Palladium
2,170.39
-2.6%
Platinum
935.97
-3.1%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
64,101
+0.2%
Alle aandele
70,826
+0.1%
Hulpbronne 10
63,439
-1.0%
Industriële 25
87,049
+0.6%
Finansiële 15
16,165
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Geloof, hoop, liefde
Ek het 2 profiele. Die 2de een was om die afslag te kty. Ek is ernstig, Skerp humor, Eerlik, Betroubaar, Intelligent, Romanties, Gelowig, Soms impelsief, Sober, Soms hartseer,...
Kom ons maak nuwe memories!!
Ek is n selfgerespekteerde vrou en ek ag waardes aan myself baie hoog. Ek soek net goeie geselskap wat bereid is om mekaar beter te Leer Ken.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot