AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Koöperasies: Departement van samewerkende regering beter pasmaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Koöperasies moet geskuif word na die departement van samewerkende regering en tradisionele sake meen die die nasionale koöperasievereniging van Suid-Afrika (NCASA).

Koöperasies moet geskuif word na die departement van samewerkende regering en tradisionele sake wat nouer saamwerk met gemeenskappe vanweë sy nabyheid aan munisipaliteite.

Dit is die voorstel wat die nasionale koöperasievereniging van Suid-Afrika (NCASA) aan die parlement se portefeuljekomitee vir kleinsake-ontwikkeling gemaak het.

Die kabinet het koöperasies in 2001 van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling na die departement van handel, nywerheid en mededinging geskuif.

Mnr. Zacharia Matsela, voorsitter van die NCASA, het gesê die verskuiwing van koöperasies na die departement van samewerkende regering en tradisionele sake sal sien dat munisipaliteite verplig word om hul geïntegreerde ontwikkelingsplanne rondom koöperasies te beplan. Dan sal hulle beter dienste aan gemeenskappe kan lewer deurdat hulle ook deel van die projekte word. Dit sal ook werkskepping bevoordeel.

Volhoubare koöperasies met volhoubare projekte

As koöperasies die nodige ondersteuning op plaaslike vlak kry, sal meer volhoubare koöperasies gevestig word. Die gewysigde Wet op Koöperasies (Wet 6 van 2013) vereis dat enige koöperasie se jaarstate toon dat dit maatskaplike transformasie en die ontwikkeling van sy gemeenskappe bevorder.

Matsela het gesê as dit met die samewerking van die plaaslike ekonomiese ontwikkelingsbeamptes van munisipaliteite gedoen word, sal volhoubare koöperasies met volhoubare projekte gesien word wat gemeenskappe by alle sektore van die ekonomie betrek.

Matsela het verduidelik om dit te vermag moet die NCASA, die ontwikkelingsbeamptes en entiteite ’n soort struktuur skep waar koöperasies van verskeie strukture ondersteuning kry ten opsigte van die aanskaffing van goedere en dienste, en ook bemarking wat gepaard gaan met die nodige ontwikkelingsbeplanning, registrasie en behoorlike opleiding.

Mislukking

Matsela het sekere mislukkings aan die kant van die departement van handel, nywerheid en mededinging uitgelig wat ook ’n beweegrede vir die voorgestelde departementele verskuiwing is: Daar is nie ’n behoorlike databasis van koöperasies nie; die eenheid vir hierdie besighede is tegnies gesluit; registrasie by die Kommissie vir Maatskappy en Intellektuele Eiendom bevooroordeel private besighede en tenderdokumente sluit koöperasies nog uit.

Hy het ook uitgelig dat werkloosheid toegeneem het ten spyte van die groeiende hoeveelheid koöperasies.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Opsoek na nuwe avonture
Ek is spontaan en iemand wat nie bang is om die lewe ten volle te geniet nie. Is 'n verantwoordelike mens en stel ander se belange altyd op die hart. Is baie lief vir kos...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot