
Dié byeenkoms, die grootste buitelug- kulinêre gebeurtenis in Afrika, sou vanjaar die 19de keer aangebied word van Saterdag 25 tot Maandag 27 April op Sandringham buite Stellenbosch.
Luidens ’n verklaring het die bestuur van Agri-Expo, die organiseerder van die SA Kaasfees, die afgelope week met die provinsiale regering en ander belanghebbendes oorleg gepleeg in die lig van toenemende kommer oor die Covid-19-pandemie.
Mnr. Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, het die fees se vennote, uitstallers en ondersteuners bedank vir hul begrip en geduld. “Die SA Kaasfees bied jaarliks ’n platform aan kaasmakers en entrepreneurs van reg oor die land om hul produkte aan tot 30 000 feesgangers bekend te stel. Die afstel van die SA Kaasfees sal beslis ’n ekonomiese impak hê.”
’n Datum vir volgende jaar se SA Kaasfees is reeds vasgestel. Dit sal van Saterdag 24 April tot Maandag 26 April op Sandringham buite Stellenbosch plaasvind.
Computicket sal alle houers van betaalde kaartjies kontak om te reël vir terugbetaling. Besoek www.cheesefestival.co.za of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za vir nog inligting.