AFGRI
BEAN
26 Me
-
9371
0,00
CORN
26 Me
-
4480
0,00
SOYA
26 Me
-
7813
0,00
SUNS
26 Me
-
8220
0,00
WEAT
26 Me
-
6690
0,00
WMAZ
26 Me
-
3644
0,00
YMAZ
26 Me
-
3750
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Kosteknyptang vang boere vas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
Boere moet verdere markskokke te wagte wees weens die oorlog in Oekraïne.

Gegewe die druk waaronder verbruikers verkeer, is die kans dat boere hoër insetkoste verder in die waardeketting kan deurgee, baie skraal. Dít het selfs voor die Russiese inval in Oekraïne die risiko’s vir prysstygings beduidend verhoog, sê prof. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom.

“As voedselinflasie styg, begin die Reserwebank sy rentekoerse verhoog. Dit gaan egter nie kunsmis goedkoper maak nie en dit gaan ook nie die aanbodtekorte in die internasionale landbou- en energiemarkte verbeter nie. Inteendeel, dit gaan verbruikers nog meer platsak laat.”

Willemse het op sy jongste aanlyn oorsig oor landboumarkte gesê boere moet verdere wisselvalligheid in die mark te wagte wees weens die markskokke wat die oorlog in Oekraïne veroorsaak.

“Daar gaan baie spekulante in die mark wees en as hulle uitklim, is die markte geneig om te val. Moet dus nie jou risikoprofiel verhoog deur ondeurdagte besluite nie. Interpreteer en pas aan, dis taai tye.”

Maar waar laat dit Suid-Afrikaanse boere wat moet beplan vir die volgende seisoen?

“Die groot debat is wanneer pryse gaan normaliseer en hoe lank dit gaan duur. Dit kan nog ’n paar maande wees voordat graanvoorsiening weer herstel, selfs al bereik Rusland en Oekraïne nou ’n ooreenkoms.”

Wintergrane

Rusland en Oekraïne voer sowat 29% van die wêreld se koring uit. Suid-Afrika is in sekere jare ’n groot invoerder van koring uit daardie streek. Die wêreldkoringvoorraad is reeds laag en ontwrigtings en tekorte jaag pryse op. “Dit is onwaarskynlik dat ons genoeg koring uit daardie streek gaan kry met hawens wat gesluit is en die Oekraïnse regering wat die voorraad binnelands sal hou. Die koringprys kan nog ’n ruk lank relatief hoog bly.”

Die groot kwessie vir die winterplantseisoen is om genoeg kunsmis in die hande te kry. “Daar is kommer oor die beskikbaarheid van kunsmis in die Wes-Kaap en of daar voldoende produksiekrediet gaan wees in die lig daarvan dat insette in die nuwe plantseisoen tot 30% hoër kan wees.” In so ’n geval kan die aanplantings kleiner wees. Die huidige koringprys is volgens Willemse “glad nie sleg nie”, maar boere is steeds in ’n kosteknyptang weens hoër produksiekoste. “Veral in die Vrystaat bly dit ’n groot risiko om koring op droëland te plant as die weer nie saamspeel nie.”

Intensiewe veebedryf trek swaar

Die debat oor wat verbruikers kan bekostig, is veral relevant vir die veebedryf, met voerkrale wat tans weens die hoë voerpryse swaarkry. “Die mees onlangse stygings van graanmarkte het nog nie na die veebedryf deurgewerk nie. Dink aan planne oor hoe jy jou besigheid kan aanpas te midde van druk op kontantvloei en winsmarges.”

Wat huishoudelike besteding betref, is Suid-Afrika weer terug by 2019 se vlakke. Dit beteken verbruikersbesteding groei nie en voedselmarkte is onder druk. Willemse het daarop gewys dat tot 50% van die bevolking, volgens die breër definisie van werkloosheid, tans sonder werk is. Die regering begin sy besteding aan staatsdienssalarisse verminder, terwyl maatskaplike toelaes aan 18% van die bevolking betaal word. “Omtrent 50% hiervan gaan vir voedsel, maar mense koop nie rooivleis nie, hulle koop mieliemeel, en minder daarvan.” Willemse het vertel van meulenaars wat mieliemeel nou hoofsaaklik in kleiner verpakkings verkoop omdat dit is wat mense kan bekostig.

Mieliepryse op hoë vlakke

Die kans is tans skraal dat plaaslike mieliepryse binne die volgende drie maande beduidend gaan daal omdat die faktore wat die pryse op hoë vlakke hou, nie binnekort gaan verdwyn nie.  “Geelmieliepryse gaan deur die uitvoermark aangedryf word, terwyl witmielies se prys bepaal sal word deur die hoeveelheid daarvan wat in die voermark gaan.”

Met ’n witmielie-oes van 7,5 miljoen ton op die lande kan Suid-Afrikaners gerus wees oor voorraad, maar die bepalende faktor gaan die gehalte van daardie oes wees. “Meulenaars is bekommerd oor die nat weer en die gehalte van die witmielies, veral die maalgehalte.”

Oliesade in aanvraag

Plantolies se pryse is wêreldwyd duur en voorraad is knap. Dit verhoog plaaslike perse se aanvraag na binnelandse sojameel en sonneblomolie. Daar is nie regtig dalings in sig nie, hoewel die pryse taamlik bokspring. “As jy tevrede is dat jy jou winsmarge behaal het, kan jy verkoop. Maar as jy bietjie langer wil hou, kan jy die risko versprei deur oor tyd te verkoop.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.69
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Doen alles met liefde
Liefde is vir baie belangrik. Opregte liefde. Ek is n baie saggeaarde omgee persoon wat dit geniet om tyd by die huis te spandeer. Bietjie van n introvert. Wanneer die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot