’n Gasbottel het ontplof. Die brandweer van die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit (Derby, Koster, Swartruggens) is dadelik ontbied, maar toe die waens op die toneel opdaag, was hul watertenks leeg en daar was nie passtukke om pype aan die brandkraan op die sypaadjie te koppel nie.
Me. Stella Potgieter, ’n plaaslike VF Plus-raadslid wat dadelik op die toneel was, het haar tot die WhatsApp-groepe van die omgewing se boere, gemeenskapspolisiëringsforum en sakelui gewend.
Sy het laat weet: “Abdul se winkel brand” en dat hulle dringend hulp nodig het. Mnr. Abdul Haffejee se familie doen al meer as 70 jaar besigheid op hierdie persele op Koster.