AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Koster se inwoners op die politieke slagveld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Koster se rioolaanleg, wat ingevolge ’n hofbevel weer aan die sukkelende Kgetlengrivier- plaaslike munisipaliteit oorhandig is. 
FOTO:  NICO  VAN  BURICK
Koster se rioolaanleg, wat ingevolge ’n hofbevel weer aan die sukkelende Kgetlengrivier- plaaslike munisipaliteit oorhandig is. FOTO: NICO VAN BURICK
Inwoners van die Kgetlengrivier-munisipaliteit by Koster en Swartruggens in Noordwes gaan nou op ’n nuwe slagveld hul stryd voortsit om behoorlike munisipale dienste vir hul gemeenskap te probeer verseker.

Die dorpe was vroeër vanjaar in die nuus toe die inwoners ná ’n hofstryd dienste by die munisipaliteit oorgeneem het. Ná jare se gesukkel met watertoevoer en besoedeling deur onverwerkte riool het die inwoners self binne dae die probleme opgelos. Nadat alles in ’n goeie werkende toestand was, het die hof egter beslis dat die water- en riooldienste weer aan die munisipaliteit en ’n diensverskaffer teruggegee moes word en die probleme het opnuut begin.

Twee van die inwoners wat ’n leidende rol gespeel het om dienste herstel te kry, mnre. Willie Jones en Wilhelm Rochër, gaan nou saam met vyf swart gemeenskapslede as onafhanklike kandidate aan die munisipale verkiesing deelneem.

Jones is ’n ingenieur met ’n moderne fabriek op Koster waar onder meer voerkorrelmasjiene ontwerp en vervaardig word. Hy was grootliks verantwoordelik vir die herstelwerk aan die riool- en watersuiweringsaanlegte by Koster. Rochër is ’n bekende boer van Swartruggens en voorsitter van die vereniging vir besorgde inwoners daar. Hulle twee betaal ook vir die hele verkiesingsveldtog.

Jones sê hul deelname aan die verkiesing het deur ’n sameloop van omstandighede gebeur. In die tyd toe die onafhanklike verkiesingskommissie weer tyd toegelaat het vir partye om nog kandidate aan te wys het hulle toevallig met gemeenskapslede vergader oor wateronderbrekings wat opnuut voorgekom het. Almal het toe saam besluit om onafhanklike kandidate in al die wyke te kies en te registreer. Net in Derby is daar nie een nie.

“Ons het baie steun in die wit en swart gemeenskap en ons onafhanklike kandidate het ’n baie goeie kans om in te kom. Maar al kry ons dit net reg om ’n bewustheid by mense te skep dat die grondwet voorsiening daarvoor maak dat hulle geregtig is op behoorlike munisipale dienste soos water, riooldienste en elektrisiteit, het ons al baie bereik. Dit is basiese noodsaaklikhede vir almal.”

Jones sê as hy verkies word, sal hy as katalisator vir nugtere denke binne die raad wil optree. Hy noem die voorbeeld van die munisipaliteit wat op die oomblik ’n tender uit het vir die oprigting van 1 600 toilette. “Dit gaan nie die rioolprobleme oplos nie. Ek sou sê hou terug daarmee, maak die rioolpype reg en dan kan ons toilette bou, nie deur kontrakte aan buitemense nie, maar binne die plaaslike gemeenskap self.”

Hy glo die gemeenskap moet betrek word. Toe hulle die wateraanleg reggeruk het, is net plaaslike mense gevra om te help.

“Soos ons nou hier praat, is daar ses plekke waar onverwerkte riool seker teen 5 000 tot 6 000 liter per minuut uitloop. Eintlik sit ons weer waar ons in Januarie gesit het. Die riool loop weer in die Elandsrivier af en in die Kosterdam in. Dit is net nie reg nie. Onlangs was ons weer ’n week sonder drinkwater.”

Hy sê die onafhanklike kandidate is direk betrokke by die gemeenskappe. “Ons is uit die gemeenskap, vir die gemeenskap en dit gaan nie oor politiek nie. Op die oomblik bly nie een van die huidige wyksraadslede in Koster nie en hulle is totaal onbetrokke. Hulle is selfs te bang om die gemeenskappe te besoek.”

Volgens Jones het die ANC weer plaaslike kandidate oor die hoof gesien, maar mense van Luthuli-huis benoem. Hy glo die onafhanklike kandidate se steunbasis lê by plaaslike inwoners wat moeg is vir hierdie politiek en die agteruitgang in dienste.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-0.7%
Rand - Pond
20.48
+0.8%
Rand - Euro
17.30
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,793.03
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Passievol om n Roman te skryf😉WHITE'S ONLY
WHITES ONLY Eks passievol vir die lewe, diere en mense. Ek glo in dra die Vrugte vd Gees elke dag, om te lag en mense gelukkig te sien. Eks eerlik en opreg! Wanneer ek liefhet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot