AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Kragprobleme: Agri Letaba verkla munisipaliteit by parlement

akkreditasie
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Agri Letaba probeer sedert 2016 dat die munisipale owerhede in Tzaneen gehoor gee aan die gemeenskap en die boere se noodkrete oor voortdurende kragonderbrekings en die gebrek aan instandhouding van kraginfrastruktuur.

Die organisasie het hom deur middel van ’n petisie na die parlement se portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake gewend om die situasie in die munisipale gebied te ondersoek.

Mnr. Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba, sê die elektrisiteitsprobleme word eintlik al sedert 2015 ervaar, maar het in 2016 toegeneem tot die punt waar verlies van toerusting en inkomste ervaar is. Een van die kwessies waaroor ernstige kommer heers, is die gesondheid en veiligheid van die verbruikers en die diere, asook die elektrisiëns en tegnici, die beheer van plantegroei onder die kraglyne, veral daar waar geen toegangspaaie langs die kraglyne is nie.

Mnr. Thabo Mavundza, ingenieursbestuurder by Agri Letaba, sê die verbruikers en belastingbetalers kry nie gehalte elektrisiteitsdiens nie en baie moet ten duurste self krag voorsien om te verseker dat hul ondernemings aan die gang bly. Agri Letaba wys ook uit dat daar baie min gebeurlikheidsplanne in plek is vir indien daar ’n ineenstorting van die netwerk is.

Indien dít gebeur, sal dit rampspoedig wees vir die naasgrootste uitvoerstreek van sitrus in die land.

Mnr. Maripe Mangena, uitvoerende burgemeester van die Groter Tzaneen-munisipale gebied, het uitgewys dat Agri Letaba een van die sleutelbelanghebbendes is en ingesluit is by die munisipaliteit se energieforum en ekonomiese ontwikkelingsagentskap. Hy het sy verbasing uitgespreek dat die petisie die “hoë vlak van die nasionale vergadering” bereik het, aangesien hy nog altyd gemeen het dat die munisipaliteit se verhouding met Agri Letaba nie verbrokkel het nie.

Aksie

Mnr. Thapelo Matlala, munisipale bestuurder, het erken dat daar probleme met munisipale infrastruktuur ondervind word. Om die elektrisiteitsprobleme op te los, het die munisipaliteit R100 miljoen bekom. Dit bestaan uit ’n lening van R90 miljoen van die Ontwikkelingsbank van Suider Afrika en ’n toelaag van R10 miljoen van die infrastruktuurbeleggingsprojek vir Suid-Afrika (IIPSA).

Mnr. Basikopo Makamu, Limpopo se LUR van samewerkende regering en tradisionele sake, sê ná ontvangs van die petisie het die departement van die werk geverifieer wat die munisipaliteit probeer doen om die probleme reg te stel.

Die departement het ook besonderhede bevestig van elke plaas wat meer elektrisiteit sal benodig, asook van diegene wat verskeie kere aangedui het dat hulle hul plase gaan uitbrei om meer werk in die gebied te skep. Die departement het onderneem om die munisipaliteit te help met die herstel van substasies.

Die portefeuljekomitee het onderneem om kwartaalliks die vordering met die herstel van die elektrisiteitsinfrastruktuur op te volg. Die komitee sal ook voorstelle maak wat aan die munisipaliteit gestuur sal word. Die munisipaliteit is ook gevra om sy elektrisiteitsforum se vergaderingrooster aan die komitee te stuur.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Opgewonde! Lets do this!
Ek is passievol, opreg, eerlik en sommer net vol energie! Ek kan 'n lekker stappie in die woud gaan doen... ek kan die hele aand deur op daai dansbaan dans, ek kan die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot