AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9988,8
-9,20
CORN
22 Mrt
-
4454,6
-10,40
SOYA
22 Mrt
-
8920
-313,00
SUNS
22 Mrt
-
9125
-270,00
WEAT
22 Mrt
-
6540
-102,00
WMAZ
22 Mrt
-
3867,8
-82,20
YMAZ
22 Mrt
-
4081,4
-77,60
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Kragtariewe: Kommer oor uitgestelde besluit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Agri Wes-Kaap het sy kommer uitgespreek omdat Nersa sy besluit oor Eskom se aansoek om ’n tariefverhoging van 32% vir die 2023-’24-boekjaar uitgestel het.

Met beurtkrag wat deesdae deel van almal se daaglikse skedule is en die hoë insetkoste in die landboubedryf meen Agri Wes-Kaap dat Eskom se aansoek om ’n tariefverhoging van 32% vir die 2023-’24-boekjaar “verregaande” is.

In ’n verklaring spreek dié organisasie sy kommer uit oor die uitwerking wat so ’n tariefverhoging op die landbousektor kan hê. “Landbouprodusente moes oor die afgelope jaar menige styging van meer as inflasie in insetkoste absorbeer,” sê mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap. “Enige styging van meer as inflasie in kragtariewe sal aansienlik bydra tot die huidige kosteknyptang-situasie en produsente se vermoë om volhoubaar te produseer verder belemmer.”

Strydom sê ’n styging van dié aard sal veroorsaak dat dit vir die landbousektor onvolhoubaar word om werksgeleenthede te skep. Dit sal voedsel ook onbekostigbaar maak.

Die nasionale energiereguleerder (Nersa) was veronderstel om op 29 November sy besluit aangaande Eskom se aansoek aan te kondig. Die aankondiging is egter uitgestel tot Desember.

Mnr. Charles Hlebela, hoof van Nersa se departement vir kommunikasie en belanghebbendes, sê die aansoek is van die agenda gehaal om “sekere inligting te verifieer”. Die aansoek sal weer ingedien word nadat dié verifiëring plaasgevind het. Dit sal voor einde Desember geskied, maar die presiese datum moet nog bepaal word.

Agri Wes-Kaap sê hy “verneem van die bespiegelinge in die media dat die ware rede vir die aankondiging van so ’n skerp styging uitgestel is om die ANC teen openbare verontwaardiging te beskerm, aangesien die ANC se nasionale verkiesingskonferensie van 16 tot 20 Desember plaasvind”.

“Agri Wes-Kaap wil egter glo dat Nersa steeds as ’n onafhanklike statutêre liggaam funksioneer, soos vereis in die Wet op die Nasionale Energiereguleerder van 2004,” lui die verklaring. “Ons doen daarom ’n dringende beroep op die reguleerder om sy besluit so spoedig moontlik aan te kondig om alle bespiegelinge in die kiem te smoor. Agri Wes-Kaap volstaan by sy kommentaar tydens die proses van openbare deelname, beide skriftelik én tydens die openbare verhoor, dat die landbou nie ’n tariefverhoging van meer as inflasie kan bekostig nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
+0.1%
Rand - Pond
22.76
-0.5%
Rand - Euro
19.97
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
979.43
+0.7%
Palladium
1,389.46
-1.2%
Goud
1,944.09
+0.2%
Silwer
22.49
+0.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,496
+1.0%
Alle aandele
74,972
+0.9%
Hulpbronne 10
65,362
-0.5%
Industriële 25
101,172
+1.4%
Finansiële 15
15,347
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot