AFGRI
BEAN
10 Aug
-
9003
0,00
CORN
10 Aug
-
3985
0,00
SOYA
10 Aug
-
8727
0,00
SUNS
10 Aug
-
10323
0,00
WEAT
10 Aug
-
7058
0,00
WMAZ
10 Aug
-
4178
0,00
YMAZ
10 Aug
-
4167
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Kriek: SA in tyd van groot gevaar of geleentheid

akkreditasie
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Suid-Afrika is in ’n tyd van groot gevaar óf groot geleentheid en die inwoners van die land kan kies wat dit gaan wees.

Dit was deel van mnr. Dan Kriek se boodskap aan boere tydens Agri Tsitsikamma-Oos se mini-ekspo op die plaas Boontjieskraal naby Oesterbaai in die Oos-Kaap. Kriek glo pres. Cyril Ramaphosa en mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, het reeds die pad van geleentheid en belofte gekies.

Kriek het die georganiseerde landbou in die Oos-Kaap onder meer geloof vir sy inklusiewe aanslag en sy betrokkenheid by kommunale boere sodat landbou-ontwikkeling kan plaasvind om onproduktiewe grond in die voormalige Transkei en Ciskei weer produktief te kry.

Volgens Kriek het Suid-Afrika reeds aan die einde van apartheid voor ’n afgrond gestaan en “het ons die vermoë om onsself te korrigeer”.

Hy sê daar is oplossings vir die vele probleme in die land, maar iemand gaan verantwoordelikheid moet neem vir kwessies soos staatskaping, korrupsie en misdaad.

Volgens Kriek is een van die gevaarligte vir die land die werkloosheidskoers van tot 30% – veral onder die jeug. Die probleem sal nie oornag opgelos kan word nie. Hy sê Ramapahosa en Mboweni sal die verantwoordelikheid moet neem om die regte dinge te doen met die land se groeiende hoë skuldlas, trae groei en werkloosheid.

Probleme vir boere

Hy het gesê die drie grootste probleme vir boere tans is beleidsonsekerheid, veiligheid en droogtes. Boere was volgens hom nog nooit so onseker nie, maar hy meen almal is onseker omdat hulle nie die politici vertrou nie.

Volgens Kriek het mnr. Mike Brown, uitvoerende hoof van Nedbank, gesê die probleem is nie noodwendig onteiening sonder vergoeding nie, maar die tydperk van onsekerheid totdat duidelik is wat daarmee bedoel word, wat ongunstig gaan wees vir vertroue, beleggings, groei en werkskepping.

Hy het gesê boere neem ’n staat van beskerming in. Al is daar nie fout daarmee nie en moet die Grondwet en mense se veiligheid beskerm word, moet boere steeds vooruitgaan. “Die mark verander en wag vir niemand nie.”

Volgens Kriek is die beskerming van eiendomsreg vir provinsiale strukture binne die organisasie belangrik, terwyl bedrywe en korporatiewe afdelings vra vir groei en ontwikkeling. “Die een kan nie sonder die ander plaasvind nie, want jy kan nie belê en groei as jy onseker is oor eiendomsreg nie.”

Dan Kriek,
Mnr. Dan Kriek. Foto: Fredalette Uys

Nuwe boere

Volgens Kriek is ontwikkelingsfinansiering in die landbou die sleutel om nuwe boere te vestig, tesame met kundigheid van gevestigde boere. Hy sê boere is ná die Tweede Wêreldoorlog in die 1950’s en 1960’s op plase gevestig deur sagte lenings met lang terugbetaaltye. Dít is deel van die voorstelle wat Kriek en mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, ingesluit het in hul aanvullende verslag tot die presidensiële paneelverslag.

Klimaatsverandering

Volgens Kriek kan die landbou aan die ontvangkant wees van die huidige debat oor klimaatsverandering wat gelei word deur onder meer die klimaataktivis Greta Thunberg. Hy het gesê dit is moeilik om te sê hoe die debat gaan uitspeel, maar daar word tans eenvoudige oplossings gesoek vir baie komplekse probleme.

“Dink net as verbruikers gaan kies om nie meer melk te drink nie, aangesien hulle dink koeie (weens metaanproduksie) laat die aarde ten gronde gaan?”

Volgens Kriek boer boere meer omgewingsvriendelik en anders as ’n paar jaar gelede, en woon amper 600 boere jaarliks Landbouweekblad se herlewingskonferensies by omdat hulle weet hulle moet anders boer.

Optimisties

As boere besluit om in Suid-Afrika te bly moet hulle die hoë ongelykheidsyfer in die land aanpak, aangesien dit nie gaan weggaan nie. “Ons sal dit moet oplos en daaroor praat en verantwoordelikheid aanvaar.”

Volgens Kriek is hy optimisties. “Ons gaan suksesvol wees. Daar gaan niks met produktiewe grond gebeur nie, maar dit is in ons hande om in die volgende vyf tot tien jaar ’n inklusiewe samelewing te bou waar daar vir almal plek is.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.59
-0.0%
Rand - Pond
20.05
-0.1%
Rand - Euro
16.95
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,788.89
-0.3%
Silwer
20.39
-0.7%
Palladium
2,209.50
-0.6%
Platinum
929.69
-0.8%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Kom ons kyk...
Ek soek iemand eerlik. Opreg. Hardwerkend. Geen kans vaters nie. Moet nie my tyd mors nie. Ek hou van lag en gesels, opsoek na my lewensmaat. Die lewe is te kort ons moet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot