AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Krisis in Oekraïne kan pryse hoër druk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die impak van die politieke spanning en die volskaalse inval van Rusland in Oekraïne sal beslis gevoel word in die wêreldwye pryskanale vir landboukommoditeite.

Daar is beduidende handel tussen Afrika, Rusland en Oekraïne, veral met koring. Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, meen ’n langdurige oorlog en ’n moontlike botsing tussen wêreldmoondhede kan ongetwyfeld ernstige implikasies vir die beskikbaarheid en pryse van voedsel inhou. So ook vir die logistieke netwerke wat voedsel van een land na ’n ander, en spesifiek vanaf Oekraïne en Rusland na die res van die wêreld moet versprei. Dit geld ook die verspreiding van gas en petroleum. Die styging in die olieprys tot meer as $100 vir die eerste keer in sewe jaar voorspel niks goeds nie.

Prof. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom, sê Rusland en Oekraïne voer 40% van die wêreld se koring uit. Dis groter as Amerika se uitvoer. As daar ontwrigting is, beteken dit die wêreld het minder koring en almal skarrel rond vir voorraad. Dit kan plaaslike koringpryse laat styg, want plaaslike pryse is direk gekoppel aan die internasionale prys.

Wat oliesade betref, kan prysstygings ook verwag word, want Oekraïne is die wêreld se grootste uitvoerder van sonneblomsaad en -olie. As dit ontwrig word, gaan oliesaadpryse styg. Dit geld ook mieliepryse, want ook daarvan is Oekraïne ’n belangrike uitvoerder.

Wêreldvoorraad van dié landboukommoditeite is reeds laag. As die politieke krisis en moontlike militêre optrede verskeping uit daardie streek vir die volgende maande ontwrig, gaan dit pryse opjaag, met ’n regstreekse uitwerking op plaaslike pryse, sê Willemse.

Dit is baie slegte nuus vir die intensiewe veeboere. “Ondanks die feit dat Suid-Afrika genoeg mielies het, is die heersende pryse so hoog dat boere wat diere moet voer, sukkel om kop bo water te hou.”

Willemse benadruk dat hoër olie- en gaspryse verwag kan word, terwyl die krisis ook in die graan- en oliesaadmark pryse sal opjaag as daar nie genoeg van die kommoditeite op die internasionale mark beskikbaar is nie. Dit werk dan deur na die plaaslike mark toe.

SA handel met Oekraïne

Handel tussen Oekraïne en Suid-Afrika neem jaar ná jaar toe, sê Van der Rheede. Van November 2020 tot November 2021 het die uitvoer van Suid-Afrika na Oekraïne met R305 miljoen (284%) van R108,4 miljoen tot R412,2 miljoen toegeneem, terwyl invoer met R225 miljoen (43,1%) van R533,8 miljoen tot R769,3 miljoen toegeneem het.

Die vernaamste uitvoerprodukte van Suid-Afrika na Oekraïne in 2021 sluit in nikkel, ’n roesvrye metaal wat op groot skaal in die vervaardiging van masjinerie en houers vir die chemiese nywerheidswese en die suiwelbedryf gebruik word, propileenpolimere, chemiese bemestingstowwe en sitrusvrugte.

Die vernaamste invoerprodukte van Oekraïne was koring, oudio-alarms, bokwiet wat in die maak van noedels, pannekoeke en glutenvrye produkte benut word, nywerheidsdrukkers, gedroogde peulgewasse en lynsaad. 

Met van die vrugbaarste grond op aarde staan Oekraïne al eeue lank as Europa se broodmandjie bekend. Sy snelgroeiende landbou-uitvoer van graan, plantaardige olies en ’n magdom ander produkte is van groot belang om bevolkings wêreldwyd te voed. ’n Groot deel van Oekraïne se produktiefste landbougrond is in die oostelike streke, presies daardie dele wat nou deur Rusland binnegeval word.

Oekraïne is ’n belangrike uitvoerder van mielies, gars en rog, maar dit is die land se koring wat die grootste impak op voedselsekerheid reg oor die wêreld het. In 2020 het Oekraïne ongeveer 18 miljoen ton koring uitgevoer uit ’n totale oes van 24 miljoen ton, wat dit die wêreld se vyfde grootste uitvoerland maak.

Wêreldvoedselpryse styg reeds saam met dié van ander kommoditeite. Enige ontwrigting gaan tot verdere prysskokke lei namate invoerlande skarrel vir voorraad in ’n mark met beperkte voorraad. Voedselonsekerheid sal vererger in baie ontwikkelende lande wat van sekere voedselprodukte vanaf Oekraïne afhanklik is.

Russiese ingryping in die Oekraïense landbou is niks nuuts nie. Die verskriklike hongersnood wat in die 1930’s deur Sowjet-beleid in Oekraïne veroorsaak is, ook bekend as die Holodomor en wat deur baie historici as ’n volksmoord beskou word, het die lewe van 4 miljoen tot 7 miljoen Oekraïners geëis. Gedwonge graanleweringskwotas, kollektivisering, deportasie, en moorde op boere en etniese Oekraïnese tot hongersnood op groot skaal gelei het nie.

SA handel met Rusland

Suid-Afrika het ook handelsbelange met Rusland. Van September 2020 tot September 2021 het die invoer vanaf Rusland met 28,2% afgeneem vanaf R628 miljoen tot R458,4 miljoen, hoofsaaklik weens ’n afname in die invoer van koring. Uitvoer het met R252,7 miljoen (24,1%) vanaf R1 miljard tot R1,3 miljard toegeneem, sê Van der Rheede.

In September 2021 was die vernaamste invoerprodukte van Rusland stikstofhoudende kunsmis, gemengde minerale of chemiese kunsmis, petroleum, steenkoolbrikette en medisyne. In September 2021 was Suid-Afrika se belangrikste uitvoerprodukte sitrusvrugte ter waarde van R494,5 miljoen, motors, mangaanerts, platinum, en appels en pere ter waarde van R26,7 miljoen.

Onsekerheid

Willemse meen die krisis en onsekerheid in Oekraïne gaan nog ’n ruk voortduur. “Wladimir Poetin het nou stelling ingeneem en hy gaan nie terugstaan nie, want dan gaan hy aansien verloor.” Die skerp styging van oliepryse gaan duurder brandstof en ander chemiese produkte uit olie beteken.

Die dilemma is niemand weet hoe lank die krisis gaan aanhou nie, maar ’n mens moet aanvaar oliepryse sal minstens vir die volgende paar weke ontwrig word. Gaspryse is ook hoër. Dit beteken die pryse van kunsmis, veral stikstof en ureum, kan skerp styg.

In antwoord op die vraag wat boere in hierdie omstandighede te doen staan, sê Willemse ’n mens moet onthou die graan- en oliesadepryse styg nie net nie. Benut die huidige styging deur bietjies-bietjies van jou graan of oliesade te verkoop namate die pryse styg. ’n Mens kan sê voedselkommoditeite is in ’n inflasie-omgewing.

Om dit teen te werk het boere in Argentinië hul insette so gou as moontlik gekoop en hul produkte so laat as moontlik verkoop, want die pryse het bly styg.

Willemse beveel daarom aan dat saaiboere so gou moontlik hul insette koop en dan aan hul graan graan en oliesade vashou en kyk hoe loop die prys in die volgende weke. As jy ’n intensiewe veeboer is, moet jy met jou bank gaan praat.

Afrika se invoer

In 2020 het Afrika $4,0 miljard se landbouprodukte van Rusland ingevoer. Daarvan was 90% koring en 6% sonneblomolie, sê mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landboubesigheidskamer Agbiz. Die vernaamste invoerlande was Egipte, wat bykans die helfte van die invoer opgeneem het, gevolg deur Soedan, Nigerië, Tanzanië, Algerië, Kenia en Suid-Afrika.

Oekraïne het in 2020 landbouprodukte ter waarde van $2,9 miljard na Afrika uitgevoer. Die syfers is rofweg dieselfde oor die afgelope vyf jaar. Sowat 48% daarvan is koring, 31% mielies en die res sluit in sonneblomolie, sojabone en gars.

Rusland en Oekraïne se landbou-invoer is marginaal. Dit is minder as $1 miljard per jaar vir Oekraïne en gemiddeld $1,6 miljard per jaar vir Rusland. Die vernaamste produkte is vrugte, tabak, koffie en drankies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
+1.5%
Rand - Pond
22.08
+1.0%
Rand - Euro
19.44
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
986.79
+1.9%
Palladium
1,472.44
+1.7%
Goud
1,982.05
+0.9%
Silwer
23.85
+2.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy Sien is wat jy kry, niks Meer nie maar ook niks minder ni
Want Ek word nie maklik vergeet Nie, n goeie herhindering, Kom Kyk en vind uit .Ek is Nie die tiepe wat oordeel en Dan nog demands rond slinger Nie,
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot