
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang oor skape wat agter ’n kroeg in Baileystraat in Reitzpark, Welkom, geslag word. Die polisie het op die perseel twee bakkies met 15 skaapkarkasse en vier lewende skape gekry.
Voorlopige ondersoeke het daarop gedui dat die eienaar van die skape ’n boer van Hennenman is. Hy is laat kom en kon sy skape identifiseer. Die skape is aan hom oorhandig.
Thakeng sê die kroegeienaar en ses ander verdagtes tussen die ouderdom van 37 en 53 is vir die besit van vermoedelik gesteelde vee in hegtenis geneem. Die voorval word verder ondersoek.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.