
Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, is Swart in hegtenis geneem omdat sy weergawe van wat tydens die voorval gebeur het, nie ooreenstem met die bewyse wat die polisie se ondersoekspan op die toneel gevind het nie.
Hy is op drie klagte van moord in hegtenis geneem. Nog drie verdagtes, twee mans en ’n vrou van in die twintig, is op klag van sameswering tot moord in hegtenis geneem. Al die verdagtes sal Maandag in Kroonstad se landdroshof verskyn.
“Dit is standaardpraktyk om klagte van moord aanhangig te maak as vermoed word dat iemand die wet ernstig oortree het en dit as selfverdediging probeer afmaak. Uiteindelik sal verdere ondersoek, veral nadoodse ondersoeke en ander forensiese getuienis, aandui of minder of bykomende klagte by die drie klagte van moord gevoeg moet word.”