AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kwanalu stel besigheidsgids bekend om Vrouemaand te vier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vroue wat onlangs in die KwaZulu-Natalse Landbou-unie se besigheidsgids vir Vrouemaand bekend gestel is, beloof om die unie se sosiale media en ander platforms te gebruik om die provinsie se aspirant- en bestaande vroulike entrepreneurs te ondersteun om hul besighede te laat groei. Foto verskaf deur Kwanalu
Die vroue wat onlangs in die KwaZulu-Natalse Landbou-unie se besigheidsgids vir Vrouemaand bekend gestel is, beloof om die unie se sosiale media en ander platforms te gebruik om die provinsie se aspirant- en bestaande vroulike entrepreneurs te ondersteun om hul besighede te laat groei. Foto verskaf deur Kwanalu
Met die oog op Vrouemaand in Augustus het die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) onlangs sy vroulike lede in ’n besigheidsgids bekend gestel.

Hierdie gids is volgens Kwanalu bedoel om alle vroulike entrepreneurs in die provinsie, veral dié in die landbou en in landelike gebiede, in staat te stel om waardevolle blootstelling op Kwanalu se sosiale media en ander platforms te kry en om hul sakenetwerke uit te bou en saam te werk met eendersdenkende vroue vir wedersydse besigheidsgroei.

“Die vroue in die gids sal insig gee in die dinge waarvan vroue in die bedryf graag wil leer en ondersteun word. Ons hoop om alle vroue te verbind, samewerking te bewerkstellig en hulle te inspireer deur die wonderlike entrepreneursverhale wat regdeur KwaZulu-Natal bestaan,” sê me. Sandy la Marque, Kwanalu se uitvoerende hoof.

Die gids is op Kwanalu se webwerf, www.kwanalu.co.za, beskikbaar. Vroulike entrepreneurs en besigheidseienaars wat die aanlyn profielvorm vir die gids ingevul het, se inligting word daar vertoon. Alle geregistreerde deelnemers aan hierdie veldtog sal ingeskryf word vir ’n gelukkige trekking met pryse van R20 000. Die pryse sluit geleenthede vir persoonlike en besigheidsgroei in.

“Ons wil maniere vind om belangrike gesprekke oor die ondersteuning van vroue en hul lewensbelangrike bydrae tot hul gemeenskappe, mikro-ondernemings en die breër ekonomie in die algemeen te handhaaf. Ons sal voortgaan om waardevolle hulpmiddels en prosesse aan te bied wat die landelike en landbousektor sal versterk,” sê La Marque.

Kwanalu sê die gids bou voort op die landbou-unie se inisiatief vir landelike entrepreneurskap vir vroue en die jeug wat in Oktober 2021 bekend gestel is. Hierdie inisiatief is daarop gemik om die voortslepende werkloosheid in KwaZulu-Natal aan te pak deur mikro-ondernemings wat deur vroue en jeugdiges besit word, ’n hupstoot te gee. Dit word bereik deur sake- en ingesteldheidsopleidingsprogramme binne die provinsie se landelike en landbougebiede aan te bied.

Die inisiatief het reeds 1 500 vroue en jeugdiges bygestaan en volgens Kwanalu begin inspirerende suksesverhale na vore kom.

“Ek is verstom oor die veerkragtigheid van plattelandse vroue in hul poging om vir hulself ’n bestaan te skep op watter manier hulle ook al kan. Ek is bly dat die jong mense wat by hierdie program betrokke is, karakter en dankbaarheid getoon het vir die geleenthede wat gebied word. Hierdie inisiatief verskaf die hulpmiddels, mentorskap, netwerke en hulpbronne om denkwyses en lewens te verander,” sê dr. Kathy Hurly, die projekbestuurder van die inisiatief.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.69
+0.8%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,710.00
+0.6%
Silwer
20.89
+0.9%
Palladium
2,317.00
+4.2%
Platinum
922.50
+2.0%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,679
+3.2%
Alle aandele
66,115
+2.9%
Hulpbronne 10
64,190
+4.1%
Industriële 25
79,776
+2.9%
Finansiële 15
14,077
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot