Amptenare van die plaaslike munisipaliteit Dipaleseng is op heter daad betrap terwyl hulle ongesuiwerde riool op ’n plaas by Balfour stort.
Mnr. Danie Bester is een van ’n aantal boere wie se damme, asook ’n rivier wat deur hul plase loop, deur rioolvuil besoedel is. “Dit kan nie so aangaan nie. Ons kan nie eens meer ons beeste in spesifieke kampe naby aan die rivier of waar besoedelde damme is, laat wei nie uit vrees dat hulle gaan siektes opdoen.”
Hy sê hy was Sondagmiddag tuis toe sy pa hom bel en sê dat ’n vreemde vragmotor op hul plaas besig is om ’n vloeistof te stort. Met Bester se aankoms was die beamptes steeds besig om ongesuiwerde riool in ’n vlei te herlei.