
Luidens ’n verklaring deur dié wynkelder word vermoed die stellasie waarop die tenk gestaan het, het ingegee, en dit het toe teen ander tenks geval en omgeval. Wyn uit die 2021-oes het in die proses verlore gegaan.
“Terwyl die verlies van die wyn ’n finansiële werklikheid is, is ons bly niemand is beseer nie. Dit kon veel erger gewees het. Daar is geen onmiddellike risiko vir ons wynvoorraad nie en ons sal hierdie terugslag oorkom.”
Mnr. Riaan de Waal, bestuderende direkteur by Darling Cellars, het aan Landbou.com gesê dit sal hulle sowat ’n week neem om dié waardevolle gemors op te ruim. “Ons het reeds gister begin om die oorblywende wyn uit te pomp. Die grootste prioriteit is om die oorblywende wyn in die teks wat nou skuins lê uit te pomp om verdere verliese te verhoed.”