AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9705,6
-279,40
CORN
23 Mrt
-
4407
-52,00
SOYA
23 Mrt
-
8715
-229,00
SUNS
23 Mrt
-
8855
-270,00
WEAT
23 Mrt
-
6405
-61,00
WMAZ
23 Mrt
-
3799,8
-64,20
YMAZ
23 Mrt
-
4013
-71,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

KYK! Eskom-sloerdery kos Jongboer tot 40 000 kuikens

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit was omtrent kuikenmoord op mnr. Herman du Preez, Noordwes Jongboer van die Jaar, se Frangipani-boerdery naby Lichtenburg nadat van 35 000 tot 40 000 kuikens in een van sy hoenderhuise gevrek het.

WAARSKUWING: Die beeldmateriaal in dié berig kan sommige lesers ontstel.

Die hoenderhuis het afgeskakel nadat ’n langdurige fout deur Eskom lae spanning veroorsaak het.

“Ons sukkel al met Eskom sedert 14 Desember nadat ’n transformator op die Coligny-Putfontein- (C-P) lyn onklaar geraak het. Eskom het ons daarna verseker dat ’n kontrakteur die transformator sal vervang en ons is op ’n alternatiewe lyn geplaas, terwyl die werk afgehandel sou word. Dit het egter nie gebeur nie, en op die alternatiewe lyn het ons deurentyd kragonderbrekings ervaar, waarna ons op nog ’n lyn, die Makokskraal-Opraaplyn, geplaas is. Dit het vir ’n wyle beter gegaan, maar die spanning in hierdie lyne is heeltemal te laag. Waar ons normaalweg met ’n 380 V-lyn werk, is daar slegs 186 V op die lyn, wat beteken het dat ons spilpunte slegs beurtelings kon besproei en ons werksaamhede aansienlik ingekort is.”

Du Preez sê nadat Agri Noordwes met Eskom in gesprek getree het, het die instelling beloof dat die oorspronklike C-P-lyn herstel sou word. Dit het egter nie gebeur nie, en met die 186 V-spanning het die hoenderhuis homself afgeskakel. “Boonop het die kragopwekkers nie ingeskop nie, want daar was krag op die lyn.” Die gevolg was dat amper 40 000 kuikens met ’n totale waarde van sowat R1,6 miljoen gevrek het.

Die Eskom-situasie benadeel nie net Du Preez se hoenderboerdery nie. As produsent wat ook met mielies boer, sê Du Preez dat die voortslepende beurtkragsituasie beteken dat hy ook nie kan besproei nie. “My buurman mnr. Attie du Plessis sê sy spilpunte staan reeds meer as ’n week en hy het daardie oes eintlik al afgeskryf. Gegewe die insetkoste wat aangegaan word om mielies onder besproeiing te produseer, is dit ’n groot finansiële slag vir enige boerdery.”

Du Preez, wat die hele waardeketting in hoenderproduksie bedryf, sê die beurtkragsituasie benadeel hom ook daar. “Ons slag sowat 140 000 hoenders per dag, en met beurtkrag wat nou al vlak 6 bereik het, kan ons nie voldoende verkoeling bied nie. Die slag van hoenders word dus uitgestel, wat beteken dat die hoenders meer word en later nie meer gevoer kan word nie, omdat ons meule staan.” Trouens, sê Du Preez, ’n voermeule wat verlede jaar opgerig is en wat sowat 12 000 ton voer per maand kan produseer, kan nie in werking gestel word nie, omdat daar nie voldoende elektrisiteitsvoorsiening is nie.

“Dit maak ’n mens raadop. Ons probeer ’n eerlike bestaan voer met ’n normale lewenswyse vir ons en ons kinders, terwyl ons werk skep, maar dan kom ’n staatsinstelling en voeg nog teëspoed by ons bestaande probleme.”

Du Preez sê hy gaan regsadvies inwin. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+1.0%
Rand - Pond
22.31
+0.5%
Rand - Euro
19.78
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
988.38
+1.6%
Palladium
1,450.16
+0.5%
Goud
1,981.35
+0.6%
Silwer
22.94
-0.2%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,072
+0.5%
Alle aandele
75,538
+0.4%
Hulpbronne 10
65,948
+0.3%
Industriële 25
102,487
+0.8%
Finansiële 15
15,241
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hoop om die regte een te vind
Ek is n middeljarige man wat nog graag die meeste wil maak van die jare wat ek oor het. Ek het vele belangstellings en beskou die lewe as n avontuur. Ek is opsoek na iemand wat...
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot