Groot swerms bruinsprinkane het in die sitrusboorde by Patensie in die Gamtoosvallei aangekom.
Volgens mnr. Gunther Pretorius, bestuurder van ekonomie en natuurlike hulpbronne by Agri Oos-Kaap, het die sprinkane Maandag in die vallei geland. Hulle vreet tans nog net gras.
“Sprinkane is hoofsaaklik grasvreters, maar wanneer die gras op is, gaan hulle bome toe. Tans is hulle op die grond en dit is maklik om hulle te bespuit.”