AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

KYK! Stormwind bring skade in distrik Hobhouse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Warrelwind wat ’n staalskuur se raamwerk verfrommel het tot dit “soos koeksisters” gelyk het, het die distrik Hobhouse in die Vrystaat op Maandagmiddag 30 Januarie getref.

Die storm, wat die middag teen 17:00 begin het met donker, onheilspellende wolke, het boere en plaaswerkers laat skarrel om hul diere betyds onderdak te kry voor die reën begin.

“Toe ek sien met watter spoed die wolke opsteek, het ek my bakkie huis toe gevat dat hy onderdak kan wees. Ek was net by die huis toe begin daardie wind verskriklik waai. Nes ek dink hy kan nie vinniger waai nie, dan waai dit nóg harder,” vertel mnr. Chris Jacobs van die plaas Suurbult.

“Ek het toe besef iewers gaan ’n dak afwaai. Terwyl ek dit dink, staan en kyk ek na ’n groot ou bloekomboom op my plaas en daar skeur een van sy grootste takke morsaf.”

Hy vertel die wind het seker vir 30 minute erg gewaai en toe begin dit reën saam met die wind. Ná die storm het hy die skade gaan inspekteer.

“Toe ek by my skuur kom, sien ek maar hier is nou fout. Die hele voorste muur het omgewaai. Dit moes die wind gewees het.”

In die proses het van die sementstene teen sy stroper se voorkant geval, maar die skade was gelukkig minimaal. “In my leeftyd het ek nog nie so ’n wind beleef nie. Dit was werklik erg.”

Hobhouse storm
’n Stoor se voorste sementmuur is op die plaas Suurbult van mnr. Chris Jacobs omgewaai deur die stormwind wat die distrik Hobhouse op Maandag 30 Januarie getref het. Foto: Chris Jacobs
Hobhouse skade,
’n Stoor se voorste sementmuur is op die plaas Suurbult omgewaai. Foto: Chris Jacobs
Hobhouse storm
Op die plaas Mossieshoek van mnr. Max Tessendorf het die wind ’n staalafdak platgedruk en staalbalke gebuig dat dit soos koeksisters lyk. Foto: Max Tessendorf

Nog skade

By mnr. Max Tessendorf op die plaas Mossieshoek het die wind ’n metaalskuur getref. “Die wind het die dak inmekaar gedruk na die grond se kant toe, dit was nie ’n geval dat hy afgewaai is nie,” vertel Tessendorf.

“Tot die man wat die skuur vir my gebou het, sê hy het nog nooit in sy 30 jaar as bouer van staalkonstruksies so iets gesien gebeur nie. Die krag van die wind het dele van daardie metaalraamwerk gevou dat die staal soos ’n koeksister lyk. Dit was baie vreemd om te sien.”

Tessendorf sê benewens die skade aan die skuur self, het sommige werktuie ook skade gekry, maar daar was gelukkig geen lewensverlies weens die stormwind in die distrik nie.

“Op die dorp is drade uitgeruk en daar is nog boere in die distrik wat ook skade gely het.”

Volgens mnr. Lungile Makondo, ’n weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se kantoor in Bloemfontein, het ’n breë band donderstorms Maandagmiddag oor die sentrale dele van die Vrystaat beweeg. Dit het met sterk stormwinde gepaard gegaan wat plek-plek tot skade, soos op Hobhouse, gely het.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot