AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

KYK! Strikke basuin dankbaarheid uit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van die strikke wat die veld rondom Carnarvon ophelder. Foto: Charné Kemp
Van die strikke wat die veld rondom Carnarvon ophelder. Foto: Charné Kemp
Die boeregemeenskap van Carnavon deel hul hoop dat die droogte verby is met kleurvolle strikke op plaasheinings.

Met gronddamme vol en die veld lanklaas so groen is Carnarvon se boere hoopvol dat die droogte verby is. Hul dankbaarheid oor goeie reën wat sedert Oktober verlede jaar geval en teenoor mense wat hulle in die droogte onderskraag het, word nou in kleurvolle strikke op plaasheinings uitbasuin.Die “dankbaarheidstrikke” is deur boervroue gemaak en einde Januarie op heinings aangebring. Mnr. Jan la Grange, voorsitter van die landbouvereniging Agri Carnarvon, sê die reën het hoop en dankbaarheid gebring. Hulle is versigtig opgewonde dat die droogte einde se kant toe staan. Die landbougemeenskap wil weer eens dankie sê, maar op ’n ander manier, omdat die woord dankie in hul oë opgebruik is.

“Die boervroue, onder leiding van me. Riana Vermeulen, ons sekretaresse, het die briljante plan gehad om strikke op heinings te sit. Dit toon ons dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader wat ons bemoedig en gedra het, en teenoor mense, organisasies en maatskappye wat veevoer, vervoerkoste, brandstof, kospakkies, koepons, boervrouebokse en geld vir skool- en universiteitsgeld gegee het.”

Vermeulen sê sy het een oggend in die ry gesien die dor veld het groen geword. “ ’n Rustigheid en dankbaarheid het oor my gespoel. Ek het gevoel ek wil iets doen om my dankbaarheid te wys.” Sy het gedink dat strikke op heinings vreugde kan vertoon. “Jan en die res van die bestuur was opgewonde oor die idee van dankbaarheidstrikke. Die boervroue was dadelik entoesiasties. Sowat 80 vroue het materiaal in een naweek bestel. Ek het 160 m uit Oudtshoorn bestel, waarvan elkeen 2 m gekoop het. Dit het die Dinsdagaand aangekom, en is Woensdagoggend uitgedeel. In minder as tien dae het die vroue die projek hul eie gemaak.”Elke vrou het haar eie patroon gevolg, en een of twee strikke gemaak.

“Ons het rooi, geel en blou materiaal gebruik omdat dit helder is en dankbaarheid kan uitbeeld. Ek het baie reaksie uit alle oorde en op sosiale media oor die oogmerk van die strikke gekry, wat beteken ons doel word bereik,” sê Vermeulen.La Grange sê destyds, namate mense van die droogte bewus geraak het, het skenkings ingestroom. “Voorheen sou ons altyd gaste’n bottel konfyt of ’n skaapboud gegee het, maar toe moet ons bakhand staan. Dit is nie ons gene nie. Ons wil gee en nie net ontvang nie.”

strikke
Me. Margaret Steenkamp van Tierfontein sit haar dankbaarheidstrik strik op. Foto: Verskaf
strikke
Van die strikke wat die groen veld rondom Carnarvon ophelder. Foto: Charné Kemp
strikke
Van die strikke wat die groen veld rondom Carnarvon ophelder. Foto: Charné Kemp
strikke
Mnr. Jan la Grange, voorsitter, en me. Riana Vermeulen, sekretaresse van Agri Carnarvon, met een van die dankbaarheidstrikke buite hul kantoor. Foto: Charné Kemp
strikke
Van die strikke wat die groen veld rondom Carnarvon ophelder. Foto: Charné Kemp
strikke
Van die strikke wat die groen veld rondom Carnarvon ophelder. Foto: Charné Kemp
strikke
Me. Alida Swanepoel met die geel strik wat sy op hul plaasheining wil plaas. Foto: Charné Kemp

Hy sê boere is weer in die veld en bekyk elke dooie bossie vir groen lote wat uitstoot. Gesprekke voor en ná kerkdienste is meer gemoedelik.Die droogte het in 2014 begin. “Ons vergelyk nou die gemiddelde reënvalsyfers van 2013, en vroeër, met die reën wat dié somer geval het. Sommige boere het al 75% van die reën gehad soos voor die droogte. Ons is versigtig opgewonde, veral omdat ons reën so vroeg die somer begin het. Ons sal ná die winter die reënvalsyfers en kort- en mediumtermynvoorspellings bestudeer om te bepaal of die droogte gebreek is.

“Tot einde Januarie 2022 het heelwat boere baie reënbuie en opvolgbuie gehad. Die reën het op kolle geval, maar meer gereeld, wat veldherstel meegebring het. Tydens die droogte het reën geval, maar te min en te wyd verspreid om enige verskil te maak.

Hy daag buurdorpe uit om ook dankbaarheidstrikke op te sit. “Besoekers moet weet ons dankbaarheid strek wyd en hoog.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Live life to the fullest every second
Yesterdays pain and heartache not gonna steal todays peace and happiness I want to be the best person I can be.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot