AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

KZN-boere gewaarsku teen rowers in polisie-uniforms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van die vyf mans wat ’n KwaZulu-Natalse boer probeer beroof het terwyl hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het onder meer ’n volledige polisie-uniform en weerkaatsbaadjies met die woord “POLICE” op die rugkant gedra. Foto: Verskaf
Van die vyf mans wat ’n KwaZulu-Natalse boer probeer beroof het terwyl hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het onder meer ’n volledige polisie-uniform en weerkaatsbaadjies met die woord “POLICE” op die rugkant gedra. Foto: Verskaf
Vier plase in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is onlangs aangeval deur rowers wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het.

KwaZulu-Natal se boeregemeenskap is op sy senuwees ná ’n onlangse reeks voorvalle waartydens plase aangeval is deur gewapende misdadigers wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het. Aanvanklike inligting dui daarop dat dié misdadigers hul slagoffers wou beroof, het die provinsie se landbou-unie (Kwanalu) bevestig.

Volgens WhatsApp-boodskappe van landelike veiligheidsgroepe is drie plase in die suide van KwaZulu-Natal in die distrikte Port Shepstone, Swartberg/Franklin en Kokstad die afgelope dae aangeval.

Mnr. Freddie van Tonder, Kwanalu se veiligheidshoof, het ook ’n voorval bevestig waarin mnr. Shaun Muir van die plaas Newlands in die distrik Swartberg/Franklin Donderdagaand onverwags op sy plaas besoek is deur vyf mans wat in twee voertuie gery het. Boodskappe hieroor doen die rondte op WhatsApp.

“Een man was in ’n SAPD-uniform geklee en die ander mans in siviele klere. Hulle het gesê hulle is lede van die SAPD. Die verdagtes wat siviele klere gedra het, het weerkaatsbaadjies gedra met ‘POLICE’ op die rugkant. Hulle was almal gewapen, sommige met R5-gewere,” berig een WhatsApp-boodskap.

Dié boodskap voeg by dat die mans toegang tot Muir se huis geëis het onder die voorwendsel dat hulle ’n lasbrief het om sy huis te deursoek as deel van ’n ondersoek na geldwassery. Een van die verdagtes het Muir se naam geken.

Hoewel hy die booswigte in sy huis toegelaat het, het Muir gelyktydig ’n gemeenskapswaarskuwing geaktiveer wat gelei het tot die reaksie van sy naaste bure. Met die bure se aankoms het die booswigte inderhaas die eiendom verlaat.

Die WhatsApp-boodskap gaan voort, “Die verdagtes het ’n dubbelkajuit-Isuzu met registrasienommer BHS477B en ’n wit Hilux-bakkie met registrasienommer BVM047B bestuur. Daar word geglo dat albei nommerplate vervals is. Die verdagtes het geweier om die sogenoemde lasbrief te oorhandig en het geweier om hulself te identifiseer.”

’n Tweede WhatsApp-boodskap meld dat dieselfde twee voertuie by al drie plase gebruik is.

Dringende kennisgewing

Van Tonder sê dat al Kwanalu se boereverenigings dringend in kennis gestel is van hierdie modus operandi. Hul lede moet weet hoe om op te tree as hulle deur polisiebeamptes, opreg of andersins, gekonfronteer word.

Hy sê enige lid van die SAPD is wetlik verplig word om hom- of haarself met aankoms by ’n perseel mondeling te identifiseer. ’n Burger het die reg om ’n polisiebeampte te versoek om sy identifikasie te bevestig deur sy SAPD-aanstellingskaartjie te toon. Polisiebeamptes moet dié kaartjie te alle tye dra terwyl hulle aan diens is.

“Die polisie mag onder twee streng omstandighede 'n perseel betree en deursoek. Die eerste is onder die beskerming van ’n behoorlik verkrygde lasbrief. Die oorspronklike weergawe daarvan moet eers aan ’n eiendomseienaar gewys word. Die tweede is sonder 'n lasbrief, maar dit word slegs toegelaat wanneer die eienaar van die eiendom toestem tot die soektog nadat die polisiebeamptes hulself behoorlik geïdentifiseer het en die aard en doel van die soektog aan die eienaar van die eiendom verduidelik het.”

Hy sê as nie aan hierdie vereistes voldoen word nie, mag die eienaar van ’n eiendom die beamptes toegang tot die perseel te weier. Dit is ook raadsaam om die bevelvoerder van die plaaslike polisiekantoor te kontak om ’n polisiebeampte se identiteit te bevestig. ’n Eiendomseienaar moet ook sy private sekuriteitsmaatskappy kontak om onmiddellik enige hulp te verleen wat in sulke situasies nodig kan wees.

Polisie is bewus van situasie

Die polisie het aan Landbou.com bevestig dat die SAPD bewus is van gevalle waar misdadigers hulle as polisiebeamptes voordoen terwyl hulle klere dra wat soos ’n polisie-uniform lyk of wat of polisiekentekens op het, of terwyl hulle ’n volledige polisie-uniform dra.

“Die polisie pleit by gemeenskapslede om altyd aan te dring op identifikasie voordat hulle enigeen – wat hom moontlik hom as ’n polisiebeampte voorgedoen – in hul huise toelaat. Opgeleide polisiebeamptes wat aan diens is, sal geen beswaar hê om hulself te identifiseer nie. As hulle weier of huiwerig is om dit te doen, is dit ’n rooi vlag en dan moet wetlike beskermingsmaatreëls geaktiveer word.”

Van Tonder bevestig dat die voorval op plaas Newlands by die plaaslike polisiekommissaris aangemeld is, wat die toneel besoek het. ’n Saak van poging tot roof en van die nabootsing van ’n polisiebeampte is geopen en word ondersoek.

’n Boer en sy vrou van die distrik Addo is die afgelope week ook beroof deur verdagtes wat soos polisiebeamptes aangetrek was. Lees meer daaroor hier.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.77
-0.5%
Rand - Pond
24.57
-1.1%
Rand - Euro
21.21
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.94
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
1,031.64
+0.2%
Palladium
1,439.35
+0.7%
Goud
1,956.01
+0.7%
Silwer
23.27
+0.5%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,984
+0.8%
Alle aandele
77,068
+0.6%
Hulpbronne 10
68,577
+1.0%
Industriële 25
107,080
+0.8%
Finansiële 15
14,550
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde voll
Eerlik opregte liefde volle persoon. Lief vir natuur en diere. Hou van still plattelandse lewe. Hard werkend en nog volle lewe gee my alles vir die regte persoon. Aanvaar my met...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot