AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

KZN: Clover-aanleg moet sonder munisipale dienste bedryf word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Clover se bedrywighede by sy Queensburgh-aanleg in KwaZulu-Natal op 'n normale dag. Foto: Carien Kruger
Clover se bedrywighede by sy Queensburgh-aanleg in KwaZulu-Natal op 'n normale dag. Foto: Carien Kruger
Clover se bedrywighede by sy Queensburgh-aanleg in KwaZulu-Natal is ernstig deur die vloedramp ontwrig.

Clover se Queensburgh-aanleg in Durban het teen gister nog geen water of krag gehad nadat swaar reën en vloede die gebied op 11 en 12 April getref het nie.

Mnr. Steven Velthuysen, groepsbestuurder van regs- en sekretariële dienste, het by navraag gesê bedrywighede word deur die gebrek aan dienste, groot skade aan paaie en vertragings by die Durbanhawe geraak.

Die gebrek aan dienste het ’n wesenlike uitwerking op bedrywighede by die aanleg, wat tesame met sy aanlegte in Clayville in Gauteng en Gqeberha in die Oos-Kaap een van die maatskappy se “superaanlegte” is.

“Ons het geen krag of water (by die aanleg) nie. Ons moes noodgedwonge watertenks oprig om water aan die ammoniak-aanleg te voorsien sodat die verkoeling aan die gang kon bly.”

Ammoniak-verkoeling word algemeen gebruik in aanlegte waar grootskaalse verkoelingstelsels nodig is, soos waar voedsel en koeldranke vervaardig word en in koue-opbergingsaanlegte.

Volgens Velthuysen word ’n kragopwekker weens die gebrek aan krag by die aanleg gebruik en weens die gebrek aan water is mobiele toilette vir die personeel gehuur.

“Ons oefen deurlopend druk uit op die munisipaliteit om te help met herstelwerk, maar hulle is oorval met kwessies in KwaZulu-Natal. Ons werk deurentyd om die situasie te stabiliseer en hoop dat alles mettertyd sal terugkeer na normaal,” het Velthuysen gistermiddag gesê. 

Erge ontwrigting van roetes na aanleg

Ten opsigte van vloedskade was daar minimale skade by die aanleg. ’n Muur het by die verspreidingsentrum inmekaar gestort en daar was skade aan die dak, vragmotors, produkte en verpakkingsmateriaal.

“Die vloede het egter toegang vir ons vragmotors in en uit die Queensburg-verspreidingsentrum geraak.” Die hoofpad voor die sentrum en ’n brug is erg beskadig. “Dit dwing verkeer in ’n enkellaan in en het tot groot mate verbinding met ander dele van Durban afgesny. Ons is gedwing om langer alternatiewe roetes te gebruik, wat swaar verkeer dra.”

Velthuysen het gesê werknemers is ook deur skade aan paaie ontwrig en moes alternatiewe roetes werk toe vind omdat ’n hele aantal laagwaterbrûe in voorstede verwoes is. Die eerste paar dae het dit vertragings vir personeel veroorsaak en hulle moes voorsiening maak vir langer roetes na en van die werk.

“Ons ervaar ook beduidende vertragings by die Durbanhawe, wat vertragings veroorsaak in die ontvangs en versending van skeepshouervragte.” Dit raak die uitvoer van vervaardigde produkte en die invoer van onder meer bestanddele en verpakkingsmateriaal. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
+0.3%
Rand - Pond
22.25
+0.2%
Rand - Euro
19.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
978.74
+1.1%
Palladium
1,444.64
-0.3%
Goud
1,970.36
+0.3%
Silwer
23.75
+1.8%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,580
+1.0%
Alle aandele
77,208
+1.0%
Hulpbronne 10
68,347
+2.5%
Industriële 25
103,946
+0.6%
Finansiële 15
15,625
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom en lê my neer
Lief vir die lewe, lief vir die natuur. tyd om iemand ook lief te hê. Man wat nog weet hor om ñ gentlemen te wees, hande nie bang is vir werk nie, iemand wat weet hoe om ñ...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot