Te midde van blywende politieke spanning meen sommiges ’n klein groepie is verantwoordelik vir die aanblaas van haat en verdeeldheid na aanleiding van die skietery.
Dlamini is op 28 September doodgeskiet, na bewering tydens ’n onderonsie met mnr. Garth Simpson (68), ’n kommersiële boer, oor geskutte vee wat na bewering onwettig op private grond gewei het.
Simpson, wat ná die voorval in hegtenis geneem is op aanklagte van moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, is op 21 Oktober borgtog geweier in die Glencoe-landdroshof.