AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8425,4
196,40
CORN
28 Jan
-
3858
75,00
SOYA
28 Jan
-
8297
142,00
SUNS
28 Jan
-
9742
5,00
WEAT
28 Jan
-
5985
20,00
WMAZ
28 Jan
-
3650
57,00
YMAZ
28 Jan
-
3785
37,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

KZN-onluste: Departement van landbou het miljard nodig om boere te help

akkreditasie
Vroeë skattings is dat die KwaZulu-Natalse landbou-ekonomie meer as R2 miljard sal verloor weens die wydverspreide onrus middel-Julie in dié provinsie en dele van Gauteng. Foto verskaf deur SA Canegrowers
Vroeë skattings is dat die KwaZulu-Natalse landbou-ekonomie meer as R2 miljard sal verloor weens die wydverspreide onrus middel-Julie in dié provinsie en dele van Gauteng. Foto verskaf deur SA Canegrowers
’n Totale begroting van R1,1 miljard word benodig om hulp te bied aan boerderygemeenskappe in KwaZulu-Natal weens die gewelddadige onluste wat in dié provinsie plaasgevind het.

Die bedrag is deur die KwaZulu-Natalse departement van landbou en landelike ontwikkeling bepaal.

Die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling was in die provinsie om self te sien wat die skade is wat aan die landbousektor en voedselsekerheid aangerig is met die onluste en plundering in Julie.

Die provinsiale departement het sy voorgestelde ingrypingsbegroting aan die komitee voorgelê.

Op kort termyn word R121 miljoen benodig om produksie-insette soos saailinge, kunsmis en chemikalieë aan groenteprodusente te voorsien wat 5 000 ha bewerk. Hulp moet ook gebied word om boere aan markte te verbind.

Vark-, hoender- en beesvleisprodusente moet van veevoer voorsien word en daar moet ook teelvee vir boere aangeskaf word. Vir boere wie se suikerriet aan die brand gesteek is, moet die ratoon bestuur word. Ondersteuning aan ’n geskatte 152 plase word voorsien.

Op mediumtermyn word R95 miljoen benodig vir ’n toename van 5 000 ha in groenteproduksie, die bied van meganisasiedienste en die bestuur van nie-funksionele en bestaande landbou-infrastruktuur. Rakende varsproduktemarkte en landboulogistieke infrastruktuur moet die opbergruimte vir groente in Pietermaritzburg en Durban, insluitend die Durbanse hawe, uitgebrei word.

Op lang termyn word R939 miljoen benodig vir die vestiging van saad- en saailingbanke vir groenteboere, die herstel van vervalle varsproduktemarkte, die oprigting van voersilo’s, meulens, abattoirs, asook die vestiging van nuwe kontrakkwekers en om kapitaal aan boere via gemengde finansiering te bied.

Skade

Die departement het uitgelig dat die verbod op die verkoop van petrol en diesel in houers wat net ná die onluste ingestel is, ’n bedreiging inhou vir kleinskaalse en bestaansboere wat diesel in hul boerderybedrywighede gebruik. Veevoer moet dringend aan boere in veral die hoender- en varkbedryf voorsien word.

Die verkoop van vleis en vleisprodukte word steeds geraak omdat boere weens bewegingsbeperkings nie bemarkbare vee aan slagpale of deur veilings kon verkoop nie. Gedurende die onluste kon die provinsie nie 350 uitvoerpermitte uitreik nie, terwyl sommige permitte weens die bewegingsbeperkings nie afgehaal is nie. Die bekamping van bek-en-klouseer in die provinsie is ook versteur.

In die distrik Ethekwini is 10 suikerrietplase van 110 ha van die Nanda-boerevereniging aan die brand gesteek. Altesaam 7 000 ton suikerriet word geraak, wat ’n verlies van R4,2 miljoen beloop. Hoender- en varkboere het nie toegang tot voer vir hul diere gehad nie en kon die diere ook nie mark toe neem nie. Sowat 500 eier- en lêhokke is by ’n projek in Ilovu gesteel.

By die plaas Zwelibomvu is tien tonnels afgebrand en daardie boere het nie brandstof vir besproeiing gehad nie. In die distrik Ilembe is van die suikerrietplase langs die N2-hoofweg aan die brand gesteek. Sowat 59 plase het gebrand met sowat 909 ha wat geraak is. In die distrik Umkhanyakude is 2 ha pynappels, 20 bokke en 5 beeste van die plaas Mkhize in distrik BigFive/Hlabisa gesteel. In die distrik King Cetshwayo is drie plase aan die brand gesteek. Op die Concur-suikerrietplaas het sowat 10 ha suikerriet afgebrand en op die Valley- en Matshoni-plaas is onderskeidelik 120 ha en 200 ha weiveld gebrand.

In die plaaslike munisipale gebied uMlalazi het sowat 91 ha op tien suikerrietplase gebrand, insluitend die Mekh Trading-plaas waar van die groente beskadig en varke dood is. Nege varke is ook gesteel.

Drie plase van altesaam 120 ha is afgebrand in die plaaslike munisipale gebied Umthonjaneni en twee plase van 10 ha in die plaaslike munisipale gebied Umfolozi.

In die distrik Zululand is drie plase in die plaaslike munisipale gebied Abaqulusi geraak. Dit is Bloodriver-plaas waar 100 ha weiding gedeeltelik gebrand is; Potgieterrus-plaas waar 5 km grensdraad geknip, 400 ha weiveld gebrand en 29 beeste gesteel is; en Brackspruit-plaas waar 7 km grensdraad geknip, 100 ha weiveld gebrand en 15 beeste gesteel is.

In die distrik Uthukela is ’n deel van die Ladysmith-abbatoir gebrand. Karkasse, asook skape en beeste is gesteel, waarvan sommige later teruggevind is.

Die Siyaphambili-leerlooiery se chemikalieë het weens die bewegingsbeperkings opgeraak. In die distrik Umgungundlovu is ’n monitor by die kantoor van die staatsveearts gesteel. By ’n hoenderplaas op die Greytown-pad is lêhenne gesteel en eiers gebreek. Varke in die distrik was vier dae sonder voer en veevoer is ook gebrand. In die distrik Ugu is ’n yskas en stoof by die departement se Mndoni-kantoor gesteel en tien voertuie is beskadig.

Mnr. Sihle Zikalala, KwaZulu-Natalse premier, het toe hy met internasionale beleggers vergader het, aangedui dat 15 kritieke sektore geïdentifiseer is vir die provinsie se ekonomiese herstel en transformasieplan. Van die sektore is onder meer die landbou en die verwerking van landbouprodukte, klere en tekstiel, nywerheidsontwikkeling, toerisme, en infrastruktuurontwikkeling rakende water, energie en sanitasie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.62
-1.0%
Rand - Pond
20.92
-1.0%
Rand - Euro
17.41
-0.9%
Rand - Aus dollar
10.91
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-1.1%
Goud
1,788.76
-0.5%
Silwer
22.39
-1.7%
Palladium
2,377.45
+0.1%
Platinum
1,011.39
-1.5%
Brent-ruolie
89.34
-0.7%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot