AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

KZN: Werksaamhede hervat gedeeltelik by Durbanhawe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die N2 naby die Durbanhawe was Maandag en Dinsdag oorstroom en vraghouers het op die pad gedryf. Foto: Skermgreep
Die N2 naby die Durbanhawe was Maandag en Dinsdag oorstroom en vraghouers het op die pad gedryf. Foto: Skermgreep
Nadat werksaamhede by Durbanhawe Maandagaand weens stormweer en vloede gestaak is, is dit gedeeltelik hervat.

Nadat swaar reën en vloede bedrywighede by die Durbanhawe tot stilstand gedwing het, is dit vanaf 06:00 gedeeltelik hervat. Risikobepaling word voortgesit om die veiligheid van die hawe se personeel en infrastruktuur te verseker.

Mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sê luidens ’n verklaring oor Transnet se werksaamhede die herstel van Bayhead-pad, die hooftoegangsroete na die vraghouerterminaal, is een van die grootste prioriteite. ’n Gedeelte van dié pad het verspoel. Nog ’n prioriteit is om vragte voedsel, mediese voorrade en petroleumprodukte uit die hawe te verwyder.

Verskeping sal hervat sodra bepaal is dat veilig is om daarmee voort te gaan.

Die Transnet-hawe-owerheid moes gister helikopters inspan om 80 mense te red wat weens vloede op verskeie plekke in Durban vasgevang was.



* Die video is deur Kwanalu aan Landbou.com verskaf.

Luidens die verklaring was daar geen skade aan Transnet se pyplyne nie en sal daar dus voortgegaan word met die verskaffing van brandstof aan die binnelandse mark.

Eskom staan tans die eThekwini-munisipaliteit met herstelwerk aan infrastruktuur by en kragvoorsiening aan die hawe se Island View-gebied is gisteraand herstel. Eskom het aangedui dat beurtkrag vir dié munisipaliteit opgeskort sal word.

Die nodige inspeksies word gedoen om te bepaal of dit vir Transnet se kliënte veilig is om hul bedrywighede te hervat aangesien sommige kliënte se geriewe by die hawe deur die vloede beskadig is.

Transnet Freight Rail is besig om te bepaal tot watter mate die spoorwegnetwerk in en om Durban beskadig is voor spoorwegdienste in en om die hawe hervat kan word. Die Noordkus-, Suidkus- en hooflyn vanaf Durban tot by Pietermaritzburg bly gesluit.

Bedrywighede in Richardsbaai het hervat, maar die terminale funksioneer minder doeltreffend weens probleme met nat vragte.

Padvragte versoek om te wag

Intussen het owerhede in KwaZulu-Natal versoek dat alle padvragte, waar moontlik, wat vir die Durbanhawe bestem is, vir eers opgeskort of teruggehou moet word tot toestande by die hawe verbeter het.

Mnr. Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die padvragvereniging, sê luidens ’n verklaring dat daar reeds lang rye vragmotors op die N3 is. By die Marianhill-plaza het ’n opeenhoping van 10 km al die pad tot by Hammarsdale gevorm. Dit het tot plundering gelei.

“Toegangspaaie om die hawe is beskadig en werwe vir vraghouers, vragmotordepots en vragmotors is verspoel en beskadig – dit is eintlik tans ’n rampgebied.”

Hy waarsku dat daar beslis ’n impak op logistiek sal wees en waarskynlik onderbrekings in die aflewering van ingevoerde goedere.

“Die vereniging het sy lede aangeraai om reise na Durban uit te stel en om depots en veilige plekke vir parkering langs die pad te vind. Waar moontlik word lede ook versoek om mekaar by te staan om voertuie van die pad te verwyder en op veilige plekke te hou tot die logistieke ketting weer aan die gang is.”

Volgens hom word tekorte aan voedsel en brandstof nie verwag nie.

Plundering moet dadelik stopgesit word

Die plundering van vragmotors en -houers het reeds kop uitgesteek in die gedeeltes van KwaZulu-Natal wat deur die vloede en swaar reën geraak is, sê mnr. Andrew Whitfield, DA-LP. Dit is volgens hom ontstellend aangesien dit herinner aan die geweld en plundering wat Julie verlede jaar in dié provinsie plaasgevind het.

Daarom versoek die DA dat mnr. Bheki Cele, minister van polisie, dadelik moet ingryp en verseker dat die polisie op ’n hoë gereedheidsvlak moet wees en enige voorvalle dadelik moet aanpak.

“Hierdie provinsie kan nie dieselfde katastrofiese gevolge as verlede jaar bekostig nie. Ons weet nou die regering en veral die polisie kon tot dusver nie hierdie onrus vinnig onderdruk nie.

“Onder geen omstandighede kan dieselfde weer gebeur nie. Bheki Cele moet onmiddellik verseker dat genoeg polisiebeamptes in die betrokke gebiede ontplooi word en dat enige teken van onwettige gedrag onmiddellik en beslissend aangepak word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.71
+0.7%
Rand - Pond
23.54
+0.6%
Rand - Euro
20.11
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.62
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Platinum
1,008.77
-0.1%
Palladium
1,322.69
-2.8%
Goud
1,960.75
-0.3%
Silwer
24.28
+0.1%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Eerlik Liefdevol . Buitelewe. Plaas lewe. Diere. Honde. Saam met vriende kuier. Braai. Roadtrips. Iemand te hê om lewe saam te geniet en te deel.
Kom ons skryf n storie
My foto vertel als eerlik betroubaar. en happy to be alive. Oud genoeg om te weet wat ek soek in n persoon Ek hou van stap buitelewe Kamp vakansies by die see hou van fiksheid...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot