AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Laer brandstofpryse bring verligting vir boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Die Suid-Afrikaanse landbou is dankbaar vir vandeesmaand se aansienlike brandstofprysdalings, maar volgens leiers in die sektor is goedkoper brandstof ’n betreklik klein seën in ’n omgewing vol groot struikelblokke.

Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% word Woensdag 268,9c/liter goedkoper, diesel met swaelinhoud van 0,005% 280,9c/liter en 93 en 95 oktaan-petrol 206c/liter.

Die faktore wat tot die verlaging bygedra het, sluit in laer Brent-ruoliepryse, die effense versterking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar en die oorverhaling op petrol en diesel einde November.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê boere is uiteraard dankbaar dat hulle minder vir brandstof, veral diesel, kan betaal. Ongelukkig is dié verlagings te laat vir die meeste aanplantings van 2022-’23-somergewasse.

“Ons moet besef die onstabiliteit in Eskom se kragvoorsiening en die koste daarvan is ’n groter probleem vir die landbou. Ons verstaan die nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal in Januarie besluit of kragtariewe met 32% gaan verhoog. Dit sal vir die landbou onbetaalbaar duur wees. Vanjaar gaan die minimum loon boonop ook verhoog.

“Dié hele pakkie maak dat ’n boer vandag baie, baie fyn berekeninge moet maak om steeds winsgewend te wees”.

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, verwelkom die laer dieselpryse, maar sê die verlaging “help nie veel nie” omdat boere nou baie meer diesel moet koop om hul kragopwekkers aan die gang te hou.

“Ons het groot probleme op die oomblik in die landbousektor weens beurtkrag. Beurtkragvlakke 4, 5 en 6 ruïneer die winsgewendheid van die hele landbousektor. Daarom is ons in gesprek met mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, om te kyk na verdere verligting vir die landbousektor ten opsigte van dieselaankope. Ons soek ’n hoër rabat op diesel.”

Hy wys daarop dat boere kragopwekkers nie net vir besproeiing moet gebruik nie, maar ook ander noodsaaklike take, soos die voer van pluimvee en ander vee, en om melk en ander bederfbare landbouprodukte af te koel.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê dieselaankope maak ongeveer 13% van ’n graanboer se produksiekoste uit. Die prysverlagings is dus “uitstekende nuus” vir nie net graanboere nie, maar vir alle Suid-Afrikaanse boere en vir die nasionale ekonomie.

“Diesel is belangrik vir die hele landbouwaardeketting,” sê hy. “Die prysdaling daarvoor sal die groothandelprys van diesel in Gauteng nou net bo R21/liter laat teenoor R17/liter die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Diesel steeds duurder as verlede jaar, maar hierdie daling is van onskatbare belang vir die hele ekonomie en vir die graanbedryf.”

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot