Byna twee jaar nadat die Land Bank nie meer sy betalerverpligtinge kon nakom nie, kon die bank nog nie ’n ooreenkoms met sy beleggers hieroor bereik nie.
Mnr. Ayanda Kanana, uitvoerende hoof, het aan die parlement se staande komitee vir finansies gesê daar is nou al ’n derde voorstel op die tafel oor hoe hy sy skuld gaan betaal, maar weens sommige bedenkinge van die uitleners duur gesprekke voort.
Me. Thabi Nkosi, nuwe voorsitter van die bankdireksie, het aan Bloomberg gesê die bank wil einde Maart nie meer in wanbetalerstatus verkeer nie.