AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822,4
48,40
CORN
30 Mrt
-
4149
-2,00
SOYA
30 Mrt
-
8200
-43,00
SUNS
30 Mrt
-
8790
-29,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3925
-4,00
YMAZ
30 Mrt
-
4060
-6,00
Deel

Land Bank en Agri SA gesels oor kwelpunte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die georganiseerde landbou het toegetree om die Land Bank se regrukplan op koers te hou.

Verskeie kwelvrae wat die afgelope tyd in die gedrukte media en op sosialemedia-platforms geopper is, is op Vrydag 19 Augustus op ’n vergadering van Agri SA en die Land Bank bespreek.

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, sê die bank het op die vergadering dringende prioriteite uitgewys waaraan nou met erns aandag gegee word.

Die Land Bank het gesê een van sy doelwitte is om ontslae te raak van sy status as wanbetaler, die entiteit te stabiliseer en met sy omkeerstrategie te begin.

Die Land Bank het sedert 2020 die status as wanbetaler van sy skuldverpligtinge. Hoewel die regering al verskeie reddingsboeie na die instelling gegooi het, is die bank nog nie in staat om ’n oplossing vir sy skuldprobleme bekend te maak.

Van die neigings wat die bank sedert sy wanbetalingstatus opmerk, sluit in die afname van sy leningsboek, terwyl daar ’n toename van onderpresterende lenings is.

Die Land Bank se totale leningsboek het vanaf R45 miljard in die 2020-boekjaar gedaal tot R25,8 miljard in sy 2022-boekjaar.

’n Aansienlike deel van sy leningsboek is voorheen deur tussengangervennote bestuur, maar die meeste van dié ooreenkomste is nou weer by die Land Bank ingekontrakteer. Volgens die bank behoort hierdie stap die bank te help om sy maatreëls vir die bestuur van die leningsboek te verbeter.

“Die boek wat deur tussengangers bestuur is, maar wat nou regstreeks deur die bank bestuur word, staan op R10,6 miljard, of 42% van die totale leningsboek,” sê Van der Rheede.

Die bank se onderpresterende lenings staan tans op R12,4 miljard, waarvan R6,2 miljard reeds aan regsprosesse onderworpe is.

Benewens die klem wat die bank op onderpresterende lenings plaas, word interne stappe ook gedoen om die bank reg te ruk. Van dié stappe sluit in om noodsaaklike personeel te behou en kostebesparings in te stel.

Die Land Bank het ’n opname oor die kultuur van die bank gedoen en wil hierdie bevindinge so gou moontlik toepas.

“Volgens ’n skrywe wat die Land Bank in September 2021 aan Agri SA gerig het, reken die bank dat afname in ondersteuning aan die landbou deur Land Bank (indien dit nie ten volle deur ander finansiële instellings vervang word nie) voedselsekerheid in Suid-Afrika in die toekoms kan bedreig,” sê Van der Rheede.

“In die lig hiervan het ons ons lede aangemoedig om by handelsbanke om finansiering aansoek te doen.“Daar moet kennis geneem word dat die bank eers in staat sal wees om nuwe lenings te oorweeg nadat die kwessies met sy leners bevredigend aangepak is.”

Dié oplossing behoort teen 30 September klaar te wees, volgens die Land Bank. “Agri SA beklemtoon hoe belangrik dit is dat die Land Bank sy kliënte wat agterstallig met betalings is, regverdig en met die nodige waardigheid hanteer.

“Die Land Bank het ook ’n verantwoordelikheid om te verseker dat regsfirmas in sy diens die hoogste standaarde van etiese gedrag handhaaf wanneer hulle met kliënte in finansiële nood handel. Die bank het ’n paneel van prokureurs wat ingevolge die Land Bank se voorsieningsketting-bestuursbeleid gevestig is.

“Daar is 34 regsfirmas op hierdie paneel. Die instruksies word op ’n rotasiebasis aan hierdie regsfirmas uitgereik. Waar die invorderingsproses in ’n gevorderde stadium is, het Land Bank voortgegaan met regsfirmas wat voorheen deur die tussengangers aangestel is om die proses af te handel.”

Die Land Bank het aan Agri SA die besonderhede verskaf van aangewese amptenare wat gekontak kan word deur kliënte wat probleme ervaar. “Ons doen ’n beroep op alle boere wat probleme ondervind, om met Land Bank te kommunikeer. Boere wat hulp nodig het om probleme met die bank op te los, kan hul onderskeie provinsiale landbou-unies kontak.” 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
+0.1%
Rand - Pond
22.32
-0.1%
Rand - Euro
19.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
974.87
+0.7%
Palladium
1,439.25
-0.6%
Goud
1,968.00
+0.2%
Silwer
23.67
+1.4%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,434
+0.8%
Alle aandele
77,066
+0.8%
Hulpbronne 10
68,149
+2.2%
Industriële 25
103,654
+0.3%
Finansiële 15
15,635
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot