AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Land Bank en staat bied gemengde finansiering

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Me Thoko Didiza. Foto: Carien Kruger
Me Thoko Didiza. Foto: Carien Kruger
Die Land Bank en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het vanoggend ’n skema vir gemengde finansiering vir opkomende boere bekend gestel.

Me. Thabi Nkosi, voorsitter van die bank se direksie, het dit by die geleentheid buite Centurion as ’n belangrike mylpaal bestempel nadat die bank sedert April 2020 nie sy verpligtinge kon nakom nie.

Met die skema vir gemengde finansiering sal dit die eerste keer wees dat die bank weer geld aan nuwe kliënte leen, naamlik diegene wat aan die skema se kriteria voldoen.

Die skema se doel is om transformasie in die landbou te bevorder en opkomende klein en mediumgrootte boere te finansier.

Dit sal bestaan uit ’n gedeelte wat vanaf die departement sal kom, in die vorm van ’n nieterugbetaalbare staatstoekenning, en die bank sal dan dieselfde hoeveelheid geld aan die boer leen.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê die bekendstelling is eintlik ’n herbekendstelling, omdat ’n gidsprojek in 2018 bekend gestel is. Van die lesse wat daaruit geleer is, is dat die hefboomverhouding verlaag en terugbetaling verbeter moet word.

Die departement gebruik volgens haar deur die skema sy toekennings om beleggings deur die private sektor in die landbou te lok.

Nadat die pluimvee- en suikermeesterplan onderteken is, het die departement ’n landboufonds in 2021 saam met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie begin om die transformasieteikens in dié planne te kan behaal, het Didiza gesê.

Volgens Nkosi is die Land Bank, wat nou heropgebou word, duidelik daaroor dat die ontwikkeling en transformasie van die landbou die kern van sy mandaat is. Die bank se sukses hiermee sal gemeet word aan die mate waartoe hy histories benadeelde mense in die hoofstroom van die landbouwaardeketting kan insluit.

thabi nkosi
Me Thabi Nkosi. Foto: Carien Kruger

Nkosi het gesê ervaring toon daar is verskeie probleme vir eerstegenerasie-landboubesighede en -boere om dié doelwit te bereik. Dit sluit in gebrek aan toegang tot produktiewe landbougrond en water, gebrek aan toegang tot geduldige en bekostigbare finansiering, wye onvermoë om sterk balansstate as hefboom te kan gebruik vir ondernemingsgroei, en die onvermoë om die ekwiteitsbydraes te lewer wat finansiers dikwels vereis om ondernemingsgroei te ondersteun.

Risiko verminder

Sy het gesê die skema sal, danksy die gedeelte wat ’n staatstoekenning is, vir die bank die risiko verminder dat lenings nie terugbetaal word nie.

Die bank en die departement se doelwit is om oor die volgende drie jaar R1,95 miljard se finansiering aan klein en middelgrootte produsente te voorsien wat aan die hoofstroom-landbou-ekonomie en die landbouwaardeketting deelneem.

Die skema begin met ’n aanvanklike jaarlikse minimum van R325 miljoen se staatstoekennings, vir drie boekjare, vanaf die departement en die Land Bank sal dieselfde bedrag deur ’n lening voorsien. Dit begin in die huidige boekjaar.

Didiza het gesê die staatstoekenning help dat die finansiering meer bekostigbaar is vir boere, omdat die koste van lenings by handelsbanke “nie so gunstig” is nie.

Sy het ’n beroep gedoen op boere wat in aanmerking kom, om die leningsdeel terug te betaal en het dit verwelkom dat ’n deel van die skema ondersteuning behels nadat die finansiering goedgekeur is.

Ander finansiering

Nkosi het gesê hoewel die finansiering van boere deur die skema vir gemengde finansiering ’n belangrike deel is van die bank se nuwe strategie, bly die bank se kernsake en bevoegdhede die verskaffing van landboufinansieringsdienste op ’n wyse wat die bank sal in staat stel om kommersieel haalbaar te bly.

“Namate ons voortgaan om gespesialiseerde aanbiedings aan ons kommersiële kliënte te lewer, erken ons ook dat ons rol as ’n instelling vir ontwikkelingsfinansiering van ons vereis om die rol van ’n katalisator en fasiliteerder te vervul om ander elemente van die omvattende ondersteuningsprogram byeen te bring wat noodsaaklik is vir die volhoubaarheid van nuwe toetreders tot die sektor.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.25
+1.5%
Rand - Pond
22.45
+0.9%
Rand - Euro
19.80
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.26
+0.9%
Rand - Jen
0.14
+1.1%
Platinum
985.79
+1.4%
Palladium
1,439.68
+2.3%
Goud
1,957.97
+0.9%
Silwer
22.73
+1.5%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Fuurenvlam
Baie vriendelike mens. Hou nie van kansvatters of leunaars nie. hou baie van buite lewe. Uitkyk op lewe is sit die slegte dinge agter jou en kyk vorentoe want die toekoms is wat...
Leef, vergeet van gister, die lewe is kort
Ek is saggeaard, lewenslustig 'n Christen, spontaan met tye en ooo baaaaie verstrooid!!! Ek lief die buitelewe en die rustigheid. Mal oor die wind deur my hare en baie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot