AFGRI
BEAN
05 Aug
-
8677
0,00
CORN
05 Aug
-
3901
0,00
SOYA
05 Aug
-
8454
0,00
SUNS
05 Aug
-
10200
0,00
WEAT
05 Aug
-
7165
0,00
WMAZ
05 Aug
-
4161
0,00
YMAZ
05 Aug
-
4156
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Land Bank ly verlies in eerste helfte van boekjaar

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die Land Bank het verdere slegte nuus gekry ná die onlangse afgradering van dié staatsbeheerde bank tot rommelstatus deur die kredietgraderingsagentskap Moody’s.

’n Verlies van R184,7 miljoen is in die ses maande tot einde September 2019 gely, toon die Land Bank se tussentydse resultate. In die vorige ooreenstemmende halfjaar het hy ’n wins van R63 miljoen getoon.

Die verlies word in ’n verklaring aan aandeelhouers onder meer toegeskryf aan die 9,9% van sy lenings wat nie presteer nie, teenoor 5,8% in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

“Die bedryfsomgewing bly moeilik met inagneming van die stadige ekonomiese groei en die vorige jare se droogte,” lui die Land Bank se verklaring. Verder meld die verklaring dat sy leningsboek se gedempte groei en ’n hoër afskrywingskoste – R193 miljoen meer as in die vorige ooreenstemende tydperk – ’n ongunstige impak gehad het. Sporadiese uitbrekings van bek-en-klouseeer het ook die prestasie beïnvloed.

Lenings

Die grootste deel van sy inkomste kom van die rente op sy lenings, wat in dié tydperk met amper 20% tot R467,4 miljoen gedaal het.

“Omdat die Land Bank ’n ontwikkelingsrol vervul, staan dit hoërrisiko-lenings toe, meer as wat kommersiële banke bereid sou wees. ’n Mens kan dus verwag dat die Land Bank ook ’n groter persentasie nie-presterende lenings sal boekstaaf as kommersiële banke,” sê prof. Johan Willemse landbou-ekonoom en rubriekskrywer van Landbouweekblad.

Die bank verskaf finansiering aan kommersiële en opkomende boere en kry baie min steun van die regering. Dit was tot voor die uitreiking van die jongste resultate een van die min staatsbeheerde instellings wat winsgewend was.

Moody’s het die Land Bank se kredietgradering in Januarie 2020 tot Baa3 verlaag, en verhoogde kredietrisiko, droogte en beleidsonsekerheid as redes aangevoer. Die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie sal tot gevolg hê dat die regering “selektief” sal wees wanneer hy finansiële hulp aan staatsinstellings, insluitend die Land Bank, uitdeel, het Moody’s in sy verklaring gesê.

Dit beteken dat die korttermyn-finansiering wat die Land Bank bekom, nou heelwat duurder sal wees. Volgens die jongste resultate het dié uitgawe in die ses maande tot September 2019 reeds 49% van die Land Bank se algehele laste beloop.

In sy verklaring lê die Land Bank klem daarop dat hy steeds ’n betekenisvolle rol in die landbousektor speel en dat sy onderliggende finansiële struktuur stewig is. Hy waarsku egter dat die finansiële sukses vir die boekjaar tot einde Maart 2020 afhang van die bank se vermoë om binne die onseker ekonomiese omgewing sy rol te vervul.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.79
-1.0%
Rand - Pond
20.26
-0.0%
Rand - Euro
17.08
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,775.15
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
2,130.50
0.0%
Platinum
937.50
0.0%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,114
+1.3%
Alle aandele
69,519
+1.2%
Hulpbronne 10
64,042
+2.5%
Industriële 25
84,928
+0.3%
Finansiële 15
15,675
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Melanie
In kort. Plain Jane. Niks fieterjasies. Is oo 'n stadium in my lewe wat ek wil fun he, plekke sien en dinge doen. Love kosmaak en glo daaraan om almal met repsek tw hanteer...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot