AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Land Bank se uitvoerende hoof bedank

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Land Bank is binnekort opnuut sonder ’n heeltydse hoof.

Mnr. Ayanda Kanana, wat die afgelope twee jaar die uitvoerende hoof van die beleërde Land Bank is, het bedank.

Kanana, voormalige uitvoerende hoof van die Johannesburgse varsproduktemark, het op 1 Maart 2020 by die bank begin werk en dit het in April 2020 bekend geword dat die bank nie sy betalerverpligtinge kon nakom nie.

Voordat Kanana aangestel is, was die bank langer as ’n jaar sonder ’n heeltydse hoof. Mnr. TP Nchocho, vorige uitvoerende hoof, het laat in 2018 bedank waarna mnr. Bennie van Rooy, destyds finansiële hoof, van Desember 2018 tot middel 2019 as uitvoerende hoof waargeneem het. Hierna het me. Kone Gugushe, waarnemende finansiële hoof, as uitvoerende hoof waargeneem.

Die bank het gister in ’n verklaring gesê Kanana se kennistydperk duur tot einde April.

“Hy het in ’n baie moeilike tyd by die Land Bank aangesluit en die entiteit se omkeerpogings gelei. Onder sy leierskap het die bank beduidende vordering in noodsaaklike gebiede van die stabiliseringsproses gemaak, met die samewerking van die bank se finansiers en met die ondersteuning van die nasionale tesourie.”

Nog ’n senior bedanking

Die instelling het ook bekend gemaak dat dr. Litha Magingxa, uitvoerende bestuurder van landbou-ekonomie en advies en waarnemende uitvoerende bestuurder van strategie en kommunikasie, bedank het.

Magingxa het vier jaar by die bank gewerk en volgens die instelling die doeltreffendheid van die adviesdienste baie verbeter. Hy het die bank se strategiedivisie tydens die huidige stel veranderinge gelei.

Toegewy om momentum te behou

Me. Thabi Nkosi, voorsitter van die Land Bank-direksie, het Kanana en Magingxa namens die direksie vir hul bydraes bedank. “Die direksie werk met bekwame spoed om die Land Bank se finansiële probleme op te los en is opgewonde oor die toekoms van die bank terwyl die instelling die finale ronde na volle hervatting van bedrywighede navigeer.”

Die direksie sê hy bly daartoe toegewy om voort te bou op die momentum van die inwerkingstelling van ’n oplossing vir die bank se huidige wanbetalingstatus en hy gee voorkeur daaraan om homself volgens sy kernontwikkelingsmandaat te herskik.

Die direksie is in gesprek met mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, om deurlopende leierskap by die bank te verseker.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
+1.5%
Rand - Pond
22.09
+1.0%
Rand - Euro
19.44
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.94
+1.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
987.09
+1.9%
Palladium
1,473.62
+1.7%
Goud
1,979.82
+0.8%
Silwer
23.78
+1.9%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom en lê my neer
Lief vir die lewe, lief vir die natuur. tyd om iemand ook lief te hê. Man wat nog weet hor om ñ gentlemen te wees, hande nie bang is vir werk nie, iemand wat weet hoe om ñ...
Sonvanger
Ek is 'n plain, plat op die aarde, opregte, lojale straight-shooter, lief vir di lewe, jonk van gees, en glo in my God. Ek het nog my morele waardes, iets wat in deesdae se...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot