AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Land Bank spartel onder skuld, uittog van werknemers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Land Bank het nie nét skuld- en likiditeitsprobleme nie, die instelling sukkel ook om werknemers te behou.

Luidens die bank se jaarverslag vir die 12 maande tot einde Maart 2022 is een van sy groot probleme benewens die status as wanbetaler van skuld, ook werknemers wat toenemend groener weivelde soek.

Aan die einde van die 2021-’22-boekjaar het die bank 349 heeltydse werknemers gehad, wat 35 minder is as aan die einde van die 2020-’-21-boekjaar. Die bank het ook 28 werknemers op ’n vaste-termynkontrak gehad.

Die huidige stand van die bank se finansiële druk en volgehoue onsekerheid onder werknemers is volgens die Land Bank die hoofredes waarom personeel die instelling verlaat.

“Die verlies van mense met belangrike talente bly vir ons ’n groot bron van kommer. Die bank het in die oorsigtydperk twee uitvoerende personeellede verloor en kernvaardighede van veral algemene bestuur en spesialisvelde gaan steeds verlore,” sê me. Thabi Nkosi, voorsitter van die Land Bank.

Kliënte verlaat óók die bank

Dit blyk uit die verslag al hoe meer van die bank se kliënte, veral dié wat juis nodig is vir die bank se likiditeit soos korporatiewe en kommersiële kliënte, klop eerder by ander finansiële instellings aan vir ondersteuning.

Die Land Bank se leningsboek vir korporatiewe en kommersiële kliënte het in die boekjaar met 35% gekrimp.

Een van die redes hiervoor, luidens die verslag, is die bank se wanbetalerstatus en sy likideitsprobleme wat veroorsaak dat die bank geen nuwe lenings in die twaalf maande kon toestaan nie.

Die Land Bank dra steeds swaar aan sy status as wanbetaler van skuld sedert hy in April 2020 die ongunstige status verkry het toe R40,2 miljard se skuld nie gediens kon word nie.

Luidens die 2022-jaarverslag is R17,3 miljard van dié skuld nou reeds betaal, maar sy leners het nog nie ’n voorgestelde plan goedgekeur vir die res nie.

Die bank trek al by sy vierde plan wat aan skuldeisers voorgelê is. Die nuutste plan sou einde September klaar wees met die hoop om ’n ooreenkoms teen die einde van die jaar met leners vas te maak.

Die Land Bank se onderpresterende lenings het tydens die oorsigtydperk met R337,6 miljoen (2,8%) tot R12,3 miljard vanaf die vorige oorsigtydperk se R12 miljard toegeneem.

Volgens Nkosi is een van die redes vir dié toename dat die bank die meeste van sy tussengangers se leningsboeke intussen oorgeneem het. Die bank het in 2011 tussengangers begin gebruik om lenings te gee, die leningsboeke onder meer te bestuur en paaiemente in te samel.

“Die bank se regstellende aksie hiervoor behels om kliënte se status te herklassifiseer en streng bestuursmaatreëls en -kontroles spesifiek vir hierdie leningsboeke toe te pas.” Sy sê die bank gee ook reeds baie aandag aan sy vermoë om skuldinvorderings uit te brei en te monitor. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
+0.6%
Rand - Pond
21.12
+0.8%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,773.44
+0.3%
Silwer
22.46
+0.9%
Palladium
1,871.50
-0.3%
Platinum
991.50
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,381
-0.2%
Alle aandele
74,480
-0.3%
Hulpbronne 10
73,734
-1.4%
Industriële 25
91,360
-0.2%
Finansiële 15
15,774
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot