AFGRI
BEAN
05 Aug
-
8677
0,00
CORN
05 Aug
-
3901
0,00
SOYA
05 Aug
-
8454
0,00
SUNS
05 Aug
-
10200
0,00
WEAT
05 Aug
-
7165
0,00
WMAZ
05 Aug
-
4161
0,00
YMAZ
05 Aug
-
4156
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Land Bank steier, maar sy leningsboek bly goeie bate

akkreditasie
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Hoewel die Land Bank tans likiditeitsprobleme het, is daar uitstekende boerderykrediet onderliggend tot dié bank se sake.

Ander finansiële instellings sal waarskynlik belang stel om by dié bate betrokke te raak, sê mnr. Theo Vorster, uitvoerende hoof van die finansiëledienstemaatskappy Galileo Capital.

Hy het gereageer op die nuus dat die Land Bank van sy eie betalerverpligtinge nie nagekom het nie.

Vorster sê die Land Bank leen op kommersiële voorwaardes geld op die kapitaalmark, van private en openbare beleggers, wat pensioenfondse en banke kan insluit. Dié geld leen die Land Bank regstreeks aan boere uit, of aan landboubesighede wat dit op húl beurt aan boere uitleen.

Leningsprogramme op die kapitaalmark het verpligtinge soos vasgestelde terugbetaalperiodes en rentekoerse. Vorster sê daar is gewoonlik ook kruisondernemings tussen sulke lenings betrokke, wat beteken as die lener op een lening nie sy verpligtinge nakom nie, kan ander uitleners dadelik hul geld opeis.

Droogte en siektes

Die Land Bank het middel verlede jaar, met die bekendmaking van sy jaarresulte, gesê sy niepresterende skuld beloop 5,8% van sy leningsboek en in Februarie vanjaar in sy halfjaarresultate dat dit tot 9,9% gestyg het.

Die wanbetaling van lenings is deur veral droogtes en dieresiektes soos bek-en-klouseer veroorsaak.

Die bank het bykomende voorsiening gemaak vir swak skuld in Noordwes en die westelike dele van die Vrystaat. Vorster sê die droogte het ’n reuse-uitwerking op die Land Bank gehad.

Volgens hom wys die Land Bank se jaarverslag dat sy regstreekse lenings aan boere sowat R7,2 miljard beloop en sy onregstreekse lenings aan boere, via landbousakeondernemings, sowat R26,5 miljard.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het die Land Bank laat verlede jaar en vroeg vanjaar twee maal afgegradeer, weens die risiko’s van klimaatstoestande en dieresiektes, en twyfel dat die regering die vermoë het om vir die bank se skuld in te staan.

“As ’n mens ook Covid-19 in berekening bring, het die regering glád nie die vermoë nie,” sê Vorster.

Wanneer ’n finansiële instelling nie op ’n spesifieke tyd ’n verpligting kan nakom nie, is dit volgens hom aanvaarde praktyk dat sulke skuld “oorgerol” word en die instelling by ’n ander instelling geld leen om sy verpligting te kan nakom.

Moody’s se afgradering maak so iets egter vir die Land Bank baie moeilik.

“As ’n instelling afgegradeer word, raak sy toegang tot kapitaal baie moeiliker én dit word aansienlik duurder.”

Vorster sê die afgradering speel dalk selfs ’n groter rol in die bank se likiditeitsprobleme as sy niepresterende lenings.

Met die baie goeie someroes wat verwag word, sal baie boere na verwagting in die nabye toekoms in ’n beter finansiële posisie wees om lenings te kan terugbetaal.

Trae regering

Die mislukking van die Land Bank sal vir baie boere rampspoedig wees, sê me. Annette Steyn, DA-skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Sy het ’n dringende vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee aangevra om die Land Bank se situasie te bespreek.

Die bank se probleme is volgens haar veroorsaak deurdat die regering jare lank stadig op verskeie droogtes en ander landbourampe gereageer het. “Waardedalings en wanbetalende kliënte het toegeneem, wat ’n onvermydelike domino-uitwerking tot gevolg gehad het omdat sommige van die tussengangers aan wie die bank geld leen, ook deur die probleem geraak is.”

Steyn sê die onlangse droogte en uitbrekings van siektes soos bek-en-klouseer bring groot risiko’s vir die landbou. “Landbouskuld styg en beloop na raming sowat R200 miljard, met 25% van die landbou se leningsboek wat regstreeks deur die Land Bank gefinansier word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.79
-1.0%
Rand - Pond
20.26
-0.0%
Rand - Euro
17.08
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,775.15
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
2,130.50
0.0%
Platinum
937.50
0.0%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,114
+1.3%
Alle aandele
69,519
+1.2%
Hulpbronne 10
64,042
+2.5%
Industriële 25
84,928
+0.3%
Finansiële 15
15,675
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Melanie
In kort. Plain Jane. Niks fieterjasies. Is oo 'n stadium in my lewe wat ek wil fun he, plekke sien en dinge doen. Love kosmaak en glo daaraan om almal met repsek tw hanteer...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot