AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Landbou: Covid-19 kry skuld vir onderbesteding

akkreditasie
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Hoewel die landbou as ’n noodsaaklike diens gedurende die streng Covid-19-inperking verklaar is, het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling R1,8 miljard in die eerste kwartaal van die huidige boekjaar onderbestee.

Dit is 9,3 persentasiepunte onder die liniêre teiken van 25%.

Die departement is geneig om gedurende die eerste kwartaal van ’n boekjaar te onderbestee. Die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het gehoor dat die besteding teen einde Junie 2020 R2,3 miljard of slegs 15,7% van die totale begroting van R14,4 miljard was. Gedurende dieselfde tydperk verlede jaar het die departement R4 miljard bestee.

Me. Rendani Sadiki, hoof van finansies van die departement, het gesê die program vir landelike ontwikkeling en voedselsekerheid, grondhervorming en restitusie is die grootste bydraer tot die onderbesteding.

Sy het gesê die Covid-19-pandemie het tot die stadige pas bygedra. Die onderbesteding is hoofsaaklik aan oordragte, goedere en dienste (vertragings van infrastruktuurprojekte) en die vergoeding van werknemers (vakante poste). Die onderbesteding by die program vir landbouproduksie, gesondheid, voedselveiligheid, asook natuurlike hulpbronne en rampbestuur is hoofsaaklik weens die “beperkinge” wat ingestel is weens die pandemie.

Amptenare

Komiteelede wou weet of amptenare van die departement werklik gewerk het en of die departement van plan is om hom skuldig te maak aan fiskale storting.

Me. Manketsi Thlape, ANC-LP, wou weet wat die departement gedoen het toe hy soos ander toegelaat is om van die huis te werk. Wat het die departement verhinder om vergaderings met die provinsies te hou en te bestee op dienslewering?

Sy het gesê die eerste kwartaal is van deurslaggewende belang, want sonder die departement se hulp kan boere nie gereedmaak vir die plantseisoen nie.

Me. Patricia Mahlo, ANC-LP, het haar erge teleurstelling uitgespreek. Sy het gesê regulasies het die departement toegelaat om in die inperkingstydperk met sy werk voort te gaan. “Ons kan nie as lede van die parlement gyselaar gehou word wanneer daar ten spyte van reëls vir Covid-19 gesê word daar kon weens Covid-19 nie gewerk word nie. Ons sien hierdie neiging ook by plaaslike regering.”

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, het gesê sy het gedurende die tydperk die kantoor van die department van grondhervorming in Mpumalanga besoek en geen bestuurders daar aangetref nie. “Ek het geweet Covid-19 sal as die sondebok voorgehou word.”

Sy het gesê boere het gekla dat hulle nie die koopbewyse wat aan hulle as Covid-19-hulp gegee is, kon gebruik nie omdat die diensverskaffers maande moes wag vir geld van die departement. “Waar was diegene wat veronderstel was om te werk? Baie het toestemming gekry om van die huis te werk. Wie het hulle gemonitor?”

Sadiki het gesê daar is register gehou van wie aan diens was en dat die meeste personeel terug is by die werk. Sy het die versekering gegee dat daar geen planne is om fiskale storting te pleeg nie.

Mnr. Mooketsa Ramesodi, waarnemende direkteur-generaal van die departement, het gesê dit is betreurenswaardig dat die pandemie begin het in dieselfde tydperk dat die departement ’n belangrike diens aan boere moes lewer. “Ons is daartoe verbind om dit reg te stel en die tweede kwartaal sal beter resultate lewer.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot