Met die landbou as die een sektor wat kwartaalliks ekonomies bly groei en met ’n groot deel van die landelike bevolking wat daarby betrokke is, hou dit die sleutel tot ’n oplewing in landelike gebiede ter wille van landelike veiligheid.
Dr. Kathy Hurly, projekbestuurder by die KwaZulu-Natal se landbou-unie (Kwanalu), het op ’n werksessie van die landbousakekamer Agbiz oor die lesse gepraat het wat Kwanalu tydens 2021 se Julie-onluste geleer het, gesê daar moet nouer binne gemeenskappe saamgewerk word om te verseker dat soiets nie weer gebeur nie.
Sy het gesê ’n groot kwelling dat niemand nog weet wie die onluste veroorsaak het nie. Sy het nog geen inhegtenisnemings of skudigbevindings gesien het nie. “Ek glo dit is ekonomiese hoogverraad weens die skade wat dit aan die ekonomie in sy geheel aanrig het en dit moet met groot erns bejeën word.”