AFGRI
BEAN
29 Me
-
8625
-22,00
CORN
29 Me
-
4166
22,00
SOYA
29 Me
-
7934
-51,00
SUNS
29 Me
-
8330
-13,00
WEAT
29 Me
-
6620
104,00
WMAZ
29 Me
-
3674
-4,00
YMAZ
29 Me
-
3808
5,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Landbou het groot verwagtinge vir vanjaar se begrotingsrede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, sal op Woensdag 22 Februarie in sy begrotingsrede duidelikheid moet gee oor hoe daar vir pres. Cyril Ramaphosa se behoeftes begroot is, sê Agri Wes-Kaap.

Pres. Cyril Ramaphosa het reeds verlede week die kragkrisis, wat Suid-Afrika en sy ekonomie al geruime tyd lamlê, uitgelig. Agri Wes-Kaap hoop dat Godongwana in sy begrotingsrede ook die nodige maatreëls en begroting om dié krisis aan te pak sal aankondig.

Die oorname van ’n gedeelte van Eskom se skuldlas en die bykomende aansporings vir belegging in hernubare energiebronne, asook die regering se plan vir ’n permanente basiese inkomstetoelae, sal egter vanuit ’n reeds beperkte begroting gefinansier word. Luidens ’n verklaring deur Agri Wes-Kaap word verwag dat die fiskale tekort in die begroting tot 5,5% sal styg.

“Agri Wes-Kaap hoop dat dit nie deur uitermatige verhogings in belastingkoerse, wat direk op die landbousektor sal impakteer, gefinansier word, of deur die besnoeiing van staatuitgawes in kritieke infrastruktuur nie.”

Brandstofheffing

In die vorige begrotingsrede was daar geen verhoging in die algemene brandstofheffing nie. Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê primêre produsente kan nie ’n verhoging in die algemene brandstofheffing en padongeluksfondsheffing bekostig nie. “Ons doen daarom ’n beroep op die minister dat die heffings nie vanjaar met meer as die inflasiekoers sal verhoog nie.”

Agri Wes-Kaap hoop verder dat die kortings op die gebruik van diesel vir kragopwekking in landbouaktiwiteite sal verhoog. “Die landboubedryf, wat ’n kritieke rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel, gebruik aansienlik meer diesel as normaalweg om die las van beurtkrag te verlig. Agri Wes-Kaap doen daarom ’n beroep op die minister om die huidige dieselrabat vir die gebruik in kragopwekkers te verhoog.”

Aksynsbelasting

Strydom sê slegs 9% van wyndruifprodusente behaal tans ’n volhoubare netto boerderyinkomste (NBI), 53% behaal ’n onvolhoubaar lae NBI, 3% speel gelyk en 38% maak ’n verlies. Die gebrek aan elektrisiteitsvoorsiening plaas ook groot druk op die bedryf wat tans in die middel van die oesseisoen is.

Agri Wes-Kaap hoop daarom dat die minister rede sal insien om nie aksynsbelasting vanjaar verder te verhoog nie aangesien dit die bedryf se herstelvermoë sal kniehalter.

Ramphulp

Hoewel sommige droogtegeteisterde gebiede in die Wes-Kaap goeie reën ontvang het, is daar steeds areas wat kritiek droog is. Agri Wes-Kaap hoop dat die minister hulp aan dié gebiede sal toestaan.

Eskom en ander infrastruktuur

Agri Wes-Kaap hoop dat die begrotingsrede die nodige finansiering vir die herstel, instandhouding en uitbreiding van onder meer elektrisiteitsvoorsiening, spoorweë, Kaapstadse hawe, die padnetwerk en waterhulpbronne sal aanspreek.

“Die nasionale tesourie is besig om die oorname van Eskom se skuldlas ter waarde van R400 miljard te finaliseer. Agri Wes-Kaap hoop dat die begrotingsrede melding sal maak van hoe die oorname gestruktureer gaan word en dat die oorname volhoubare oplossings sal bied aan investering in onderhoud, herstelwerk en uitbreiding van opwekkings- en transmissiekapasiteit.”

Verder hoop Agri Wes-Kaap dat Eskom voldoende hulp van die regering gaan kry om op kort termyn meer elektrisiteit op te wek of aan te koop.

“Ramaphosa het in sy staatsrede melding gemaak van die tesourie se ondersteuning tot aan die einde van die huidige boekjaar. Agri Wes-Kaap is egter bekommerd oor die begroting vir diesel in die komende boekjaar en doen daarom ’n beroep op die tesourie om te begroot vir bykomende dieselaankope indien die nood ontstaan.”

Verder is daar in die staatsrede melding gemaak van ’n belastingaansporing vir hernubare kragopwekking. “Agri Wes-Kaap vertrou dat Godongwana vir landboubesighede toeligting sal gee oor die voordele en geleenthede wat dit vir die sektor sal inhou.”

Logistieke netwerk

Ramaphosa het in sy staatsrede erken dat die nasionale spoornetwerk oor die afgelope paar jaar onder onvoldoende investering, ’n tekort aan herstelwerk en ondoeltreffende bestuur gely het. Dit is egter volgens Agri Wes-Kaap verblydend om te hoor dat openbare-private vennootskappe, en die gepaardgaande derdepartytoegang tot die spoornetwerk, as ’n oplossing vir die herlewing van die netwerk beskou word.

“Die Wes-Kaap is verantwoordelik vir ongeveer 55% van die nasionale uitvoer van primêre landbouprodukte. Dit is daarom uiters belangrik dat die Kaapstadse hawe, en spesifiek die vraghouerterminaal, optimaal moet funksioneer. Agri Wes-Kaap hoop daarom dat Godongwana se begrotingsrede planne bevat en geld beskikbaar sal stel om die doeltreffendheid van die hawe te verbeter.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.67
-0.1%
Rand - Pond
24.30
-0.1%
Rand - Euro
21.07
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.86
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
1,024.56
-0.5%
Palladium
1,415.42
-1.0%
Goud
1,943.25
-0.2%
Silwer
23.16
-0.7%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,444
+0.1%
Alle aandele
76,613
+0.0%
Hulpbronne 10
67,920
+0.7%
Industriële 25
106,261
-0.1%
Finansiële 15
14,582
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot