AFGRI
BEAN
01 Jun
-
9400
0,00
CORN
01 Jun
-
4611
0,00
SOYA
01 Jun
-
7648
0,00
SUNS
01 Jun
-
8048
0,00
WEAT
01 Jun
-
6612
0,00
WMAZ
01 Jun
-
3648
0,00
YMAZ
01 Jun
-
3775
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Landbou-hoop beskaam nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie, Foto: Fredalette Uys
Ter illustrasie, Foto: Fredalette Uys
Die Suid-Afrikaanse landbou het, ten spyte van al sy probleme, steeds heelwat om oor optimisties te wees. Dit was die mening van mnr. Neil de Klerk, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by GWK, op die Broodsnyersplaas-boerevereniging se Groendag.

Die dag word aangebied in ’n gebied wat Suid-Afrika se hoogste gemiddelde mielie-opbrengste oor tyd lewer en De Klerk was deel van ’n paneel wat die plaaslike landboubedryf onder die loep geneem het. 

“Van die suksesvolste produsente in Suid-Afrika is van dié gebied, en die dag word aangebied deur een van die sterkste boereverenigings in die land. Dit is ’n goeie platform om van te werk, en moeilike tye bring leiers na vore,” het De Klerk gesê.

Hy het gesê daar kan op verskillende maniere oor die vraagstuk van die paneelbespreking gedink word, insluitende strategiese, praktiese, filosofiese en self humoristiese maniere. “Uit ’n strategiese perspektief, as jy na iemand soos dr. PG Strauss, groep- besturende direkteur van die VKB Groep luister, sal jy hoor hy sê jy moet waarde toevoeg in tye van groot onsekerheid. Elke bietjie waarde wat toegevoeg word, skep meer sekerheid. Doen wat jy moet doen en konsentreer op jou kernbesigheid. Konsentreer op jou primêre funksie en doen dit bitter goed. Dit skep reeds onmeetbare waarde soos salarisse wat betaal word, met verdere ekonomiese voordele wat uitkring. As jy dan nog bandwydte het, voeg verdere waarde in die gemeenskappe rondom jou toe.”

Hy het gesê mnr. Llewellyn Brooks, groep- besturende direkteur van die GWK Groep, sê dat ’n strategiese klem op kernbesigheid, tesame met die regte vennootskappe, ’n besigheid in staat stel om suksesvol deur moeilike tye bestuur te word.

“Saamgestelde waarde word geskep as jy konsentreer op dit waarmee jy goed is, en jou vennote konsentreer op dit waarmee hulle goed is.”

Maak wêreld beter plek

Hy het gesê van ’n filosofiese perspektief, waar die vermoë bestaan, moet gekonsentreer word daarop om die wêreld ’n beter plek te maak. “Ons moet soveel moontlik orde in enige chaos rondom ons skep. Ons moet mense aktief ophef sonder om iets terug te verwag en saam met ons gemeenskappe werk om die wêreld rondom ons te verbeter. Dit neutraliseer die teenpole van politiek, verseker die regte persepsies, bring mense bymekaar en verseker ’n gemeenskaplike belang en ‘n klem op dit wat regtig saakmaak vir ’n volhoubare toekoms, spesifiek ook op die platteland.”

Van ’n praktiese perspektief op die plaas is die klem uiteraard daarop om so doeltreffend en presies as moontlik te bewerk, om so goedkoop as moontlik te plant en te oes en om die beste prys te beding. Om dit reg te kry, moet saam met die regte vennote gewerk word wat die beste waarde beding, die regte eienaarskapsmodelle vir produsente het én die produsent in staat stel om in die sukses van sy vennote te deel.

De Klerk het gesê dit is ook goed om te sien mense in die landbou verloor nie hul humorsin nie, maak nie saak hoe moeilik dit soms gaan nie. “In die Noord-Kaap waar die riviere nou hul oewers oorstroom, is daar steeds produsente wat op video’s voorgee dat hulle hul beproeiingspompe aan vergeet het waar landerye heeltemal oorstroom is. En op die boeredag soos by Broodsnyers sal daar altyd iemand wees wat teen gaste soos die Springbokslot Bakkies Botha wil skrum. Dit is maar hoe ons mense is. En dit laat ons lekker saam lag nieteenstaande enige omstandighede nie.”

Hierdie humorsin is kosbaar, veral in moeilike  tye, het hy gesê en bygevoeg dat mense in die landbou altyd moet onthou dat hulle belangrike werk doen wat ’n verskil maak en waardeer word. “Die landboubedryf is iets kosbaars in Suid-Afrika wat tot elke prys  beskerm moet word. En ons moet nooit vergeet ons genade kom van Bo, en hoe geseënd ons is nie.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
+0.0%
Rand - Pond
24.52
+0.1%
Rand - Euro
21.06
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.85
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
997.64
-1.6%
Palladium
1,376.65
-2.1%
Goud
1,964.08
+0.1%
Silwer
23.51
-0.0%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
69,998
0.0%
Alle aandele
75,068
0.0%
Hulpbronne 10
67,512
0.0%
Industriële 25
102,774
0.0%
Finansiële 15
14,415
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Kom ons skryf ons eie Roman
Ek is sag geaard baie liefde vol Goeie hart Hou nie van baklei nie Hou van tyd weg van huis af Hou van uit eet en lekker dans My familie en Kinders is my lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot