
In ’n onafhanklike opname is die finansiële verslagdoening van die Wes-Kaapse departement van landbou as die beste onder ál die staatsdepartemente in Suid-Afrika aangewys.
In ‘n berig in Die Burger skryf Jan Gerber die Suid-Afrikaanse Instituut vir Regeringsouditeurs (Saiga) het vir die tweede jaar agtereenvolgens die Wes-Kaapse departement van landbou as die departement met die beste finansiële verslagdoening aangewys.
Mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, het gesê hy is baie dankbaar oor die toekenning en ook trots op die ander Wes-Kaapse departemente wat goed presteer het.
Van Rensburg skryf sy departement se prestasie daaraan toe dat die personeel baie toegewyd is en bereid is om altyd baie hard te werk.
Bron: Die Burger