AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Landbou omarm jong mense

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Jong mense vorm volgens me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, die boustene as die nuwe kosproduseerders van Suid-Afrika.

Hoewel daar nog nie groot getalle jong mense in die landbousektor is nie, vorm hulle tog die boustene as die nuwe kosproduseerders van Suid-Afrika, het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gesê.

Sy het deelgeneem aan die ministeriële debat in die nasionale raad vir provinsies oor ingrypings om werkloosheid en armoede onder jeugdiges te verminder. Statistieke SA het in dieselfde week in sy jongste werkloosheidsyfers aangedui dat nagenoeg 64,4% jeugdiges van 15 jaar tot 24 jaar en 42,9% van 25 tot 34 jaar nie werk in Suid-Afrika kan vind nie.

Didiza het gesê jong mense vorm die basis van die mensekapitaal in die landbou- en landboubesigheidsektor. Hulle is wetenskaplikes, voorligtingsbeamptes, landbou-ekonome, landbouhandelaars, kontrakteurs, veeartse en voedseltegnoloë. “ ’n Nuwe groep jong mense sluit hulle toenemend by boerderygeledere en landboubedrywe aan.”

Suid-Afrika se bevolking is sowat 60 miljoen mense, waarvan 58% jong mense van 15 jaar tot 35 jaar is.

Staatsingryping

Van die probleme wat jong mense voortdurend uitlig om aan die landbou-ekonomie deel te neem, is toegang tot grond, finansiële markte, plaasinfrastruktuur, inligting en adviseringsdienste, tegnologie en masjinerie.

Didiza het gesê die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling speel ’n aktiewe rol om ekonomiese insluiting by jong mense aan te wakker.Van die inisiatiewe is dat 40% van die 700 000 ha staatsgrond wat beskikbaar gestel word, aan jeugdiges moet gaan.

Van die 151 478 ha wat oor die afgelope twee jaar toegestaan is, is 38 163 ha of 25% aan jong mense beskikbaar gestel. Deur die presidensiële werkskeppingstimulus het die departement 32 999 jong mense gehelp, van wie 18 275 vroue is.

Altesaam 2 450 bestaansboere is gedurende die covid-19-inperkingstydperk in die 2020-’21-boekjaar ondersteun.

Didiza het bekend gemaak dat 10 000 voorligtingsbeamptes oor die volgende drie jaar in diens geneem sal word om noodsaaklike voorligtingsdienste aan boere te lewer.

Mensekapitaal

Die departement het ’n plasingsprogram vir gegradueerdes in die landbou. In die omvattende steunprogram vir die landbou (Casp) is geld begroot om 1 000 gegradueerdes vir ’n tydperk van twee jaar op ’n plaas of in ’n onderneming te plaas vir entrepreneurskapontwikkeling, om by provinsiale departemente van landbou ervaring op te doen en as landbou-entrepreneurs in die sektor deel te neem. Altesaam 480 leerders is ook ondersteun, waarvan 131 hul studie in verskeie landbourigtings voltooi het. Altesaam 57 studeer verder.

Die departement het ook ’n eksterne beursskema wat aan 1 905 jeugdiges beurse gegee het. Altesaam 1 010 het hul studie voltooi en dra by die ekonomie as deel van die arbeidsmag as onder andere wetenskaplikes, ekonome, veeartse, voedseltegnoloë en kandidaat-ingenieurs. Altesaam 231 van die 1 010 gegradueerdes werk by die departement, sewe by ander staatsdepartemente, 105 by provinsiale departemente van landbou en 232 in die private sektor en by staatsentiteite.

Rakende die gegradueerde internskap-plasingsprogram is 3 891 jeugdiges in verskeie nasionale, provinsiale departemente en die private sektor geplaas.

Daar word ook heelwat vordering gemaak met die landelike jeugkorpsprogram (Narysec). Altesaam 572 jeugdiges van Limpopo, KwaZulu-Natal, en die Oos-Kaap het landbou-opleiding by die Landbounavorsingsraad (LNR) gekry in kommoditeite soos graan-, vark-, hoender-, melk- en beesboerdery, asook groenteproduksie en landboubesigheid. Verskeie tradisionele rade het grond beskikbaar gemaak sodat jong mense landboubedrywighede kan beoefen, het Didiza gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.1%
Rand - Pond
22.23
+0.0%
Rand - Euro
19.56
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
973.62
-0.3%
Palladium
1,405.87
-0.7%
Goud
1,975.86
-0.1%
Silwer
23.08
-0.7%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
0.0%
Alle aandele
74,695
0.0%
Hulpbronne 10
64,294
0.0%
Industriële 25
101,619
0.0%
Finansiële 15
15,178
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot