AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Landbou-uitvoer se blink vertoning duur voort

akkreditasie
Die Durbanhawe tydens Julie 2021 toe aktiwiteite weens 'n kuberaanval lamgelê is. Foto: Robyn Joubert
Die Durbanhawe tydens Julie 2021 toe aktiwiteite weens 'n kuberaanval lamgelê is. Foto: Robyn Joubert
Die tafel is gedek vir nóg ’n rekordjaar vir Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer.

Die tafel is gedek vir nóg ’n rekordjaar vir Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer. Internasionale aanvraag bly hoog en die prys van die land se vernaamste uitvoerprodukte bly op hoër vlakke. Die huidige goeie vertoning bou voort op die handelsoorskot van $1,5 miljard wat aan die begin van dié jaar aangeteken is, sê mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou.

“Die vooruitsigte vir die res van die jaar lyk gunstig met weerstoestande wat tot ’n uitstekende seisoen bygedra het. Rekordoeste wink vir verskeie landbouhulpbronne. Die graan- en oliesade-oes sal na verwagting 17,07 miljoen ton wees, wat amper 2% hoër is op ’n jaargrondslag.”

Sitrus

Maree sê sitrus-uitvoer het die eerste helfte van die jaar ’n opwaartse kurwe gehad. “Die land se produksiekapasiteit vir uitvoerprodukte is veerkragtig en ons verwag om vanjaar weer rekords te sien spat vir ons sitrus-uitvoer.” Dis veral die uitvoer na Afrika, Asië en die Midde-Ooste wat met byna 30% gegroei het.

Die totale lemoen-uitvoer het aan die begin van die huidige seisoen met 2% tot 10,8 miljoen kartonhouers van 15 kg elk gestyg. Die uitvoer van sagtesitrus soos nartjies en clementines het met ’n rekordhoë 12% op ’n jaargrondslag gestyg. Die derdegrootste mark vir sagtesitrus is die Midde-Ooste met ’n markaandeel van 14%. Uitvoer ná die mark het op ’n jaargrondslag met tot 61% gestyg, sê Maree.

Logistieke probleme

Logistieke probleme het die aanvanklike uitvoervolumes vir die jaar nadelig geraak. Maree sê tekorte aan vraghouers het verskeping vertraag. Dié tekort is nie tot Suid-Afrika beperk nie, dit is ’n internasionale probleem. Vraghouertekorte, tesame met die onrus in KwaZulu-Natal en die kuberaanval op Transnet se inligtingstelsels, het sitrus-uitvoer op die agtervoet geplaas, maar dit blyk dat die terugslae oorkom is.

Volgens berekeninge wat die internasionale agentskap TradeMap gedoen het, is 852 964 ton sitrus in die eerste kwartaal vanjaar uitgevoer, ’n styging van 0,7% op ’n jaargrondslag. ’n Sterk aanvraag het ontstaan danksy die gesondheidsvoordele wat aan sitrusvrugte toegeskryf word in die nadraai van die covid-19-pandemie. Dit het die goeie uitvoervertoning ondersteun.

In waarde gemeet het sitrus-uitvoer in die tweede kwartaal $626,59 miljoen bereik, wat 14,2% hoër is op ’n jaargrondslag. Van die toptien lande waarheen Suid-Afrika sitrus uitvoer, het Nederland 20,6% van die volume ontvang. Die kumulatiewe totale uitvoer van pomelo’s, suurlemoene en sagtesitrus het teen week 30 van vanjaar se uitvoerseisoen onderskeidelik met 15%, 1%, en 9% gestyg.

Mielies

Die totale mielie-uitvoer (geel en wit) vir die 2021-’22-bemarkingseisoen het met meer as 1,15 miljoen ton teenoor die vorige jaar gestyg. Die grootste gedeelte van Suid-Afrika se diepsee-uitvoer van geelmielies is bestem vir Asië (80,5%) met 21,8% wat Taiwan toe gaan, dieselfde volume (21,8%) na Viëtnam, 21,1% na Suid-Korea en 15,7% na Japan.

Maree sê 987 860 ton se geelmielies is in die huidige seisoen uitgevoer, wat ’n styging van 16,8% teenoor die vorige jaar is. “Aanvraag bly hoog en danksy die relatief goedkoop pryse vir geelmielies is die plaaslike produk aantreklik op die internasionale mark.”

Die Internasionale Graanraad se voorspelling vir die internasionale graan- en oliesadevoorrraad en -aanvraag vir Augustus dui op ’n effens laer produksievlak as in Junie. Totale internasionale graanvooruitskatting vir die 2021-’22-seisoen is 2,3 miljard ton, teenoor 2,2 miljard ton ’n jaar gelede. Die vooruitskatting vir internasionale mielieproduksie word op 1,2 miljard ton beraam. Dit is hoër as die 1,1 miljard ton van ’n jaar gelede.

Internasionale pryse vir mielies, koring en sojabone is steeds op hoër vlakke hoewel dit in Junie effens teruggesak het van die rekordvlakke wat in Mei aangeteken is. Internasionale pryse vir sojabone, mielies en koring is onderskeidelik 57%, 81%, en 18% hoër as in die ooreenstemmende maand verlede jaar.

Vooruitsigte

Produksietoestande vir die res van die jaar lyk steeds gunstig. “Daar was goeie reënval in die wintergraanstreke van die Wes-Kaap. Damme wat noodsaaklik is vir besproeiing, is tans op goeie vlakke, behalwe in die Oos-Kaap waar laer damvlakke produksie nadelig sal raak,” sê Maree.

Suid-Afrika se grootste landbou-uitvoerprodukte is vrugte, neute, graan en vleis. Volgens Maree het die volume vleis en eetbare afval met 86% in die tweede kwartaal verhoog, vergeleke met die eerste kwartaal. Dit bring die totale uitvoervolume tot Junie vanjaar op 71 707 ton te staan, wat 46% hoër is as ’n jaar gelede.

Die landbou se goeie inkomste uit sy uitvoerprodukte word ondersteun deur sterk aanvraag, selfs met die verstewiging van die rand wat in die eerste helfte van 2021 met gemiddeld 13% teenoor die Amerikaanse dollar versterk het, as dit met die ooreenstemmende tydperk in 2020 vergelyk word.

“Die Suid-Afrikaanse landbousektor bly goed gediversifiseerd met ’n goeie geografiese verspreiding van oeste en vee. Daarom bly ons relatief optimisties oor nóg ’n blink vertoning vir die sektor.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot