
Veeboere is vol hoop dat die komende somer beter dinge sal inhou ná die erge droogte van 2015-’16. In Landbou Vee 2016, die derde uitgawe van Landbouweekblad se gewilde tydskrif vir die veebedryf, vertel kenners hoe boere hul kuddes weer kan opbou te midde van ‘n verwagte skaarste aan stoetvee en gee raad oor hoe om weiveld te laat herstel.
Dit bevat oudergewoonte artikels oor boere wat die afgelope jaar uitgeblink het, soos die Bees-, Skaap, Stoet- en Melkboer van die Jaar. Ons kyk ook na die jongste tegnologie vir die veebedryf en wys die planne wat ‘n paar boere self gemaak het om hul boerdery makliker te maak.
Lees verder oor watter neigings die toekoms van die rooivleisbedrywe kan bepaal.
Die tydskrif sal vanaf 19 Oktober op die meeste groot supermarkte se rakke beskikbaar wees teen slegs R40. Indien jy dit nie in die winkel kan kry jy nie, bestel dit by Johan Terblanche, e-pos: johan.terblanche@Media24.com of tel. 021 406 4962.
Of bestel dit by ons aanlyn-winkel.