
Mnr. Gert van der Walt, besturende direkteur van die groep, sê De Lange was ’n mentor, visionêr en ’n geliefde vriend. “Hennie het 33 jaar lank diep spore in die Suid-Afrikaanse landbou getrap en was ’n baanbreker wat die verhandeling tussen plaas en meule, en logistieke bestuur aanbetref het.”
De Lange was die stigter van neXgro, ’n splinternuwe platform wat hy as virtuele koöperasie vir Suid-Afrikaanse boere beskryf het. Hy het ook onder meer ’n groot rol gespeel in die onlangse oprigting van ’n nuwe graanopbergingsaanleg langs Premier Milling se meule op Kroonstad. Die vervoerbesparing wat die nuwe silo’s tot gevolg sal hê, het De Lange besluit, moet net so aan graanboere teruggegee word.
“Ons sal steeds konsentreer op ons besigheid en Hennie se visie bly nastreef,” sê Van der Walt.