AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8938
0,00
CORN
17 Aug
-
4038
0,00
SOYA
17 Aug
-
8745
0,00
SUNS
17 Aug
-
10638
0,00
WEAT
17 Aug
-
7064
0,00
WMAZ
17 Aug
-
4261
0,00
YMAZ
17 Aug
-
4222
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Landbou ‘wenner in die veranderende wêreld’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Dawie Roodt. Foto: LBW-argief
Mnr. Dawie Roodt. Foto: LBW-argief
Die landbou is besig om veranderinge te ondergaan en gaan een van die grootste wenners in ’n veranderende wêreld wees, meen mnr. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.

Roodt, wat op die jaarsimposium van die vereniging vir veevoervervaardigers (Afma) gepraat het oor hoe om by ’n veranderende wêreld aan te pas, het gesê hy is baie opgewonde oor die landbou. “Die landbou word beskou as ’n tipies primêre bedryfsaktiwiteit – een van die vuil bedrywe - maar daar gebeur só baie in die landbou dat ek glo dit gaan een van die grootste wenners wees. Dit is vandag meestal deel van die die moderne tersiêre bedrywe.”

Hy beskou die wenners in ’n veranderende wêreld as dié ondernemings in die primêre en sekondêre bedryf wat kan hervorm om by nuwe omstandighede aan te pas. Die evolusie van die ekonomie begin by ’n primêre bedryf. Nadat dit gevestig is, volg ’n sekondêre bedryf om waarde toe te voeg, en ’n tersiêre sektor om verdere waarde te skep. “Dit is soos om in die primêre sektor wol van skape te produseer. In die sekondêre sektor word daar ’n trui van die wol gebrei, en in die tersiêre sektor word die trui in ’n winkel verkoop.” 

Arm lande het gewoonlik meestal primêre bedrywe, terwyl ryk lande se bedrywe meer op die tersiêre vlak is.

Roodt het gesê die plaaslike landbou het ook van ’n primêre bedryf ontwikkel tot een waar waarde nou hoofsaaklik op die ander twee vlakke toegevoeg word met ontwikkelings soos presisieboerdery, biotegnologie, kunsmatige intelligensie en grootdata.

Volgens hom maak dit daarom glad nie sin dat politici al die klem op grond plaas nie. “Dit is nie waar waarde geskep word nie. Die waarde word in laboratoriums, die wetenskap, tegnologie en op ander plekke geskep en net op die grond toegepas. Dit maak nie sin om ’n stuk grond te hê as jy nie weet wat om daarmee te doen nie.”

Die verloorders vorentoe gaan laag geskoolde mense wees wat deel van die ou ekonomie gebly het. “As jy ’n werk doen wat uit ’n herhalende aksie bestaan, gaan jy in die toekoms sonder ’n werk wees, want ’n robot of rekenaar gaan by jou kan oorneem. Besighede wat nie kan hervorm en tegnologiegedrewe word nie, gaan ook verloorders wees.”

Roodt, wat ook oor die ANC se nalatenskap gepraat het, het gesê die regering se fiskale rekeninge is onvolhoubaar, staatsbeheerde entiteite is op bedryfsvlak en finansieel vernietig, die staat stort op alle vlakke in duie en daar is groot korrupsie. “Die meeste van die regeringslui is net passasiers wat daar is om die bates van die staat te misbruik ter wille van die ANC en om vir hulself te sorg.”

Die gevolg is dat 12 miljoen mense werkloos is teenoor 14 miljoen wat werk het. Daarvan is 2 miljoen staatsamptenare. Dan ontvang 18 miljoen mense toelaes en onlangs het ’n verdere byna 10 miljoen mense bygekom. Die staatskas kan dit nie hanteer nie, en volgens Roodt sal bykans 30 miljoen mense se inkomste verminder moet word. Dit sal opnuut tot onluste lei.

Hy glo die ligpunte is die goeie werk wat die Reserwebank doen, dat die moderne ekonomie dalk vinniger groei as wat besef word, dat uitvoer invoer oortref, dat Suid-Afrika relatief min buitelandse skuld het en nog sonder buitelandse lenings kan oorleef.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-1.6%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,763.50
-0.7%
Silwer
19.81
-1.6%
Palladium
2,144.66
-0.7%
Platinum
928.75
-1.0%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.4%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp. Geniet netjiese tuin. Ek hou van mense wat intelegent gesels wat oop is vir redenasies, wat nie in...
Looking for my soulmate
I am a divorced lady, i am still looking for the one. I am a mommy of two furbabies, they are my life, they are my kids. I am very family orientated. I am not interested in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot