AFGRI
BEAN
30 Me
-
8667
42,00
CORN
30 Me
-
4370,2
75,20
SOYA
30 Me
-
7894
-22,00
SUNS
30 Me
-
8490,2
-31,80
WEAT
30 Me
-
6654
45,00
WMAZ
30 Me
-
3708,4
42,40
YMAZ
30 Me
-
3848
40,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Landboubedryf neem vanjaar afskeid van groot geeste

akkreditasie
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Landbouweekblad bring hulde aan die reuse in die landboubedryf van wie daar vanjaar afskeid geneem moes word.

Mnr. Schalk Pienaar (68)

Mnr. Schalk Pienaar, voorsitter van die landbousakekamper Agbiz en voormalige uitvoerende hoof van Suidwes Landbou, is op 6 Mei aan ’n hartaanval dood. Pienaar was sedert 2010 die voorsitter van Agbiz.

“Hy sal baie gemis word — nie net deur Agbiz en sy lede nie, maar deur die hele landbou- en landbousakegemeenskap vir sy wyse raad en konstruktiewe bydrae tydens dekades van diens in verskeie leiersposisies in landboubesigheid,” het dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, in ’n huldeblyk gesê.

Pienaar het ook van 2012 tot 2016 in Vrystaat Landbou se uitvoerende bestuur gedien. Hy was van 2001 tot 2012 die besturende direkteur van die Suidwes Groep.

Mnr. Piet Serdyn (76)

Mnr. Piet Serdyn van Moorreesburg, wat op 13 April oorlede is, het byna vier dekades lank ’n leidende rol in die hernieude oplewing van die SA Vlaamperdbedryf vervul.

Hy was nie net ’n pionier in die plaaslike trekperd- en skoubedryf nie, maar ook ’n groot erfenisbewaarder wat as “ ’n lewende ensiklopedie” van die geskiedenis van dié swart trekperdras in Suid-Afrika beskou is.

In 1980, toe die SA Vlaamperd tot ondergang gedoem was, het hy en wyle mnr. Bertus Smith van Vondeling in die Agter-Paarl die visie van die vroeë pioniers van die SA Vlaamperd voortgesit. Hulle het daadwerklik begin om dié ras as ’n inheemse ras raseg te hou.

Serdyn was nie net ’n stigterslid van die SA Vlaamperd-telersgenootskap nie, maar het die voorsitterstoel van dié genootskap vir bykans ’n kwarteeu gevul.

Mnr. Manie Maritz (93)

Mnr. Manie Maritz, roemryke stoeier en pionier in die Brahmanbedryf, is in April kort ná sy 93ste verjaarsdag dood. Hy het in sy jong dae ’n skrikbewind as stoeier gevoer.

Hy het al in 1946 provinsiale kleure gekry en kort daarna internasionaal begin deelneem. Min ander stoeiers was teen hom opgewasse, en hy het 51 van 60 gevegte gewen. Die res was gelykop.

Sy harde werk as boer het ook duidelik tot sy krag bygedra. Hy was van jongs af lief vir die Brahman en het dié geharde beesras se waarde vir Afrika-toestande raakgesien. Gevolglik was hy een van die pioniers wat die ras in Suid-Afrika gevestig het.

Hy het in ’n stadium 21 beeste van Amerika af ingevoer en het tydens die reis ’n nag saam met sy beeste in ’n vragruim deurgebring om hulle kalm te hou.

Mnr. Cameron McMaster (81)

Mnr. Cameron McMaster, bekende skaapkenner en oudrasdirekteur van die Dohne-Merino-skaaptelersgenootskap, is op 25 November oorlede. Hy het ’n reusebydrae gelewer om die Dohne-Merino as ’n skaapras van wêreldformaat uit te bou.

Sy amptelike verbintenis met die telersgenootskap strek oor drie dekades. Hy is in 1970 as bestuurder van die genootskap aangestel, waar hy vertroud geraak het met die beginsels van wetenskaplike teling. Ná sy aftrede in 2000 het hy voortgegaan om die ras internasionaal bekend te stel.

Hy het gereelde werksessies in Australië en later ook in Suid-Amerika aangebied. Hy was ook ’n kenner van inheemse bolplante en skoenlappers.

Mnr. Vic Mouton (74)

Mnr. Vic Mouton, ’n staatmaker in die graanbedryf, is in November ná ’n kort siekte oorlede. Oom Vic, soos hy bekend was, was op sy dag ondervoorsitter van Nampo (soos Graan SA voorheen bekend gestaan het), voorsitter van die Mielieraad, die Nampo-oesdagkomitee en Graan SA se bedryfsheffingskomitee.

In 2010 het hy Graan SA se hoogste eerbewys in die goue klas vir sy jare lange diens ontvang. Hy het die leisels as oesdagvoorsitter van 2001 tot 2005 gehou. Hy was ook as hoofbestuurslid die voorsitter van die komitee wat verantwoordelik was vir die invordering van die vrywillige bedryfsheffing.

Mnr. Clive Gardner (71)

Mnr. Clive Gardner, een van die legendariese afslaers in die Suid-Afrikaanse vee- en renperdbedryf, is einde September oorlede. Hy het ’n hartaanval gehad terwyl hy besig was om as afslaer op ’n veiling op te tree.

Hy is beskryf as iemand met ’n fyn humorsin wat altyd onberispelik professioneel opgetree het en wat veral geesdriftig oor Brahmane was. Mnr. Andrew Miller van die eiendomsonderneming In2Assets en ’n afslaer wat gereeld saam met Gardner gewerk het, sê Gardner het ’n innemende persoonlikheid gehad en het sy legendariese stempel in die afslaersbedryf afgedruk.

Volgens Miller het Gardner die bedryf verander nadat hy in die 1980’s ’n vinniger leweringstyl op veilings bekend gestel het. bekend gestel het.

Mnr. Henk van Wyk (60)

Mnr. Henk van Wyk, voorsitter van Agri Noord-Kaap, het in Augustus in sy slaap aan ’n hartaanval beswyk. Hy het onder meer ’n Dorperstoetery op sy plaas Vondelingsfontein in die distrik Calvinia bedryf

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, het hom as ’n steunpilaar vir die landbousektor in die provinsie beskryf wat ook sy plek vol gestaan het binne Agri SA se strukture.

Van Wyk was ’n direkteur, voorsitter van die kommersiële sentrum vir uitnemendheid, en ondervoorsitter van die algemene kamer. Hy word oorleef deur sy vrou, Ronell, en sy dogters, Sandra, Jana en Hancke.

Dr. Jasper Coetzee (67)

Dr. Jasper Coetzee, een van Suid-Afrika se bekendste skaapkundiges, is een van vier bekendes in landboukringe wat in November dood is ná ’n stryd teen kanker.

Coetzee het sy lewe daaraan gewy om kennis oor skaapvoeding op ’n praktiese en verstaanbare manier oor te dra. Sedert 2012 het hy as private konsultant gewerk en gevorderde tegniese ondersteuning aan die bedryf gebied. Sy doel was deurentyd om die maksimum genetiese potensiaal van skape te ontsluit.

Hy is in 2002 aangewys as Landbouskrywers SA se Wes-Kaapse Landboukundige van die Jaar. Hy was ook verbonde aan die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekundiges, die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Professionele Dierewetenskaplikes, en die Nasionale Wolkwekersvereniging.

Mnr. Hendrik Pistorius (101)

Mnr. Hendrik Pistorius, wat onder baie mense in die landbou as Oom Hendrik Kalk bekend gestaan het, is in Oktober in die Zuid-Afrikaans- Hospitaal in Pretoria oorlede.

Hy was ’n legende in die landboukalkbedryf wat in 1944 sy eie maatskappy, H. Pistorius & Kie, begin het. Die onderneming is die oudste landboukalkverskaffer in Afrika, en oom Hendrik het in sy leeftyd verskeie eerbewyse ontvang.

Hy was tot met sy dood voorsitter van die familiebesigheid, wat ook tien ander maatskappye besit.

Mnr. Ronnie Smith (58)

Mnr. Ronnie Smith, ’n geliefde lid van BKB se topbestuur in Port Elizabeth, is op 25 Mei oorlede.

Hy was die bedryfsdirekteur van dié landboumaatskappy. Volgens mnr. Jacobus le Roux, hoofbestuurder van korporatiewe bemarking en openbare betrekkinge by BKB, en jarelange vriend en kollega van die oorledene, het hulle met leedwese verneem van sy heengaan.

“Hy het ’n kleurryke loopbaan van bykans ’n leeftyd by BKB gehad en was alombekend in Suid-Afrikaanse landboukringe. Ons meegevoel gaan aan sy eggenote, Sheryl, en kinders, Jarred en Megan, ” het hy gesê.

Mnr. Lulu de Jager (79)

Ook in Mei is mnr. Lulu de Jager, voormalige hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, oorlede nadat hy ’n noodoperasie vir bloeding op die brein ondergaan het.

Hy is in die hospitaal opgeneem nadat hy nie meer kon praat nie. De Jager het die afgelope ses jaar aan prostaatkanker gely. Al was hy afgetree, het De Jager hom nog besig gehou met navorsing oor grondhervorming.

De Jager, wat van 1984 tot 1999 hoofbestuurder was, was die groot dryfveer agter dié organisasie se gedenkboek wat met hul 100-jarige bestaansjaar in 2004 uitgegee is.

Mnr. Dick Isted (75)

’n Man wat sy tyd vooruit was, mnr. Dick Isted van die plaas Tempevale buite Lady Grey, is in Augustus ná ’n lang siekte oorlede.

Hy was een van die eerste voorstanders van Alan Savory se holistiese boerderystelsel. Hy het ook ghoeroes, soos die Australiese grondkundige Graeme Sait, op sy plaas ontvang, dekades voor grondgesondheid ’n modewoord geword het. Isted was ’n kenner van geenbewerking, al was hy nie eintlik ’n kontantgewassaaiboer nie.

Met die plant van groenvoer, die algemene praktyk in daardie gebied, het hy destyds al begin glo jy moet eerder mengsels en permanente gewasse plant, pleks van net hawer.

Isted word oorleef deur sy vrou, Margot, drie seuns, Kevin, Edwin en Christoper, en hul gesinne.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.76
-0.5%
Rand - Pond
24.56
-1.1%
Rand - Euro
21.19
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.93
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
1,033.16
+0.3%
Palladium
1,440.38
+0.8%
Goud
1,948.08
+0.3%
Silwer
23.19
+0.1%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,737
+0.4%
Alle aandele
76,816
+0.3%
Hulpbronne 10
68,081
+0.2%
Industriële 25
106,807
+0.5%
Finansiële 15
14,542
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde voll
Eerlik opregte liefde volle persoon. Lief vir natuur en diere. Hou van still plattelandse lewe. Hard werkend en nog volle lewe gee my alles vir die regte persoon. Aanvaar my met...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot