AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Landboukwessies hopelik gepak in begrotingsrede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Agri Wes-Kaap en Agri SA hoop dat landboukwessies die nodige aandag tydens die begrotingsrede sal kry.

Die landbousektor se probleme is tydens vanjaar se staatsrede beklemtoon en hopelik sal dié kwessies ook die nodige aandag geniet wanneer mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, môre sy eerste begrotingsrede lewer, sê mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, luidens ’n verklaring.

Een van die kwessies waaroor Agri Wes-Kaap duidelikheid wil hê, is die omvang en formaat van ondersteuning aan boere in droogtegeteisterde gebiede in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap nadat die nasionale rampbestuursentrum die droogte tot ’n nasionale ramp verklaar het. Agri Wes-Kaap hoop dat Godongwana goeie nuus daaroor sal hê.

Strydom sê Agri Wes-Kaap hoop dat verdere steun in die begrotingsrede aangekondig sal word vir die verskeie ingrypings om infrastruktuur te verbeter wat pres. Cyril Ramaphosa in die staatsrede genoem het.

Mnr. Kulani Siweya, hoofekonoom by Agri SA, sê paaie, spoorweë en hawens wat in ’n werkende toestand is, is noodsaaklik vir die landbousektor om sy bydrae tot die ekonomiese groei en herstel, asook werkskepping te volhou. Hierdie groei sal Suid-Afrika help om fiskale struikelblokke uit die weg te ruim.

Brandstofheffing, maatskappybelasting en aksynsbelasting

Die verskeie belastingkoerse, onder meer die brandstofheffing, is een van die kwessies wat Agri Wes-Kaap hoop in die begrotingsrede bespreek sal word. Brandstof is een van die grootste insetkostes in primêre landbouproduksie en ’n enorme kostekomponent in die breër landbou-waardeketting. Dit het oor die afgelope jaar buitensporig duur geword.

Agri Wes-Kaap hoop daarom dat Godongwana Woensdag gaan afkondig dat die algemene brandstofheffing en die padongelukfondsheffing nie wéér verhoog sal word nie.

“Primêre landbouprodusente kan nie ’n verhoging in die algemene brandstofheffing en padongeluksfondsheffing bekostig nie. Ons doen daarom ’n beroep op die minister dat die heffings vanjaar nie verder verhoog word nie.”

Tydens verlede jaar se begrotingsrede het mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, aangekondig dat maatskappybelasting in April vanjaar van 28% tot 27% verlaag sal word om meer private beleggings te lok. Die voorwaarde vir dié verlaging was dat daar beperkings sal wees op hoe maatskappye geraamde verliese of besteding op rente kan benut om hul belastingaanspreeklikheid te verminder.

“Agri Wes-Kaap is uiters bekommerd oor veral artikel 20 van hierdie wysiging wat behels dat aangeslane verliese van een jaar beperk sou word in die volgende belastingjaar,” sê Strydom. “As hierdie wysigings deurgevoer word, sal slegs 80% van die verliese teen toekomstige winste aangeslaan kan word. Dit sal die sektor se vermoë om te herstel ná sikliese gebeurtenisse aansienlik verminder.

“Agri Wes-Kaap hoop daarom dat hierdie wysiging nie in die komende finansiële jaar deurgevoer word nie en beveel aan dat eers wyer gekonsulteer word om die omvang van hierdie wysigings te verstaan.”

Belasting bevoordeel onwettige bedryf

Strydom sê die wynbedryf is tans besig om te herstel van die impak wat die inperkingsmaatreëls se plaaslike drankverbod en reisbeperkings op die bedryf se inkomstestrome gehad het. “Agri Wes-Kaap hoop dat die minister rede sal insien om nie wéér aksynsbelasting, wat verlede jaar met 8% toegeneem het vir wyn, vonkelwyn en brandewyn, vanjaar verder te verhoog nie.”

Die drankbedryf het vroeg al begin voorbrand maak by die regering in ’n poging om buitensporige verhogings in sondebelasting te stuit. Daar heers ook groot kommer oor die hupstoot wat aksynsverhogings aan die florerende swartmark vir alkohol kan beteken.

Mnr. Kurt Moore, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse drankhandelsmerkeienaarsvereniging (Salba), sê hoewel aksynsbelasting sedert 2000 verviervoudig het, het Suid-Afrikaners se totale alkoholverbruik per kop nie juis verander nie.

“Belastingverhogings het nie ’n invloed gehad op hoe Suid-Afrikaners drink nie, maar het bloot gelei tot ’n verskuiwing na die onwettige mark. Volgehoue bo-inflasionêre aksynsverhogings het bygedra tot ’n situasie waar wettige alkohol se prys nou gemiddeld 43% meer is as onwettige alternatiewe.”

Onwettige drankhandel maak tans sowat 22% van die plaaslike alkoholbedryf uit. “Onwettige handel voldoen nie aan regulasies nie en betaal nie belasting nie. Dit neem sonder om terug te gee.”

Volgens Salba sal stygende aksynsbelasting ’n mededingende voordeel aan onwettige handelaars gee, ten koste van die wettige mark en die breër samelewing. “Oordrewe belasting is slegs ’n ander vorm van burokratiese rompslomp wat ekonomiese groei belemmer.”

Moore sê die bedryf is toegewyd daaraan om ’n belangrike rol in Suid-Afrika se ekonomiese herstel te speel. “Ons stel matige aanpassings in die aksynsbelasting voor, wat nie meer is as inflasie nie. Dit sal die alkoholbedryf toelaat om ’n betekenisvolle rol in ekonomiese herstel te speel, werk te skep, die groei van klein- en mediumgrootte ondernemings aanwakker, buitelandse beleggings lok en ’n bydrae tot die fiskus lewer.”

Skuld, ekonomiese inklusiwiteit en groei

Volgens Siweya moet die regering die verhouding van die land se skuld tot die bruto binnelandse produk aanpak. “Die onlangse vermindering van meer as 90% tot minder as 80% teen 2025-’26 is bemoedigend, maar moet op lang termyn volgehou word om die ekonomie te stabiliseer. Agri SA sal fyn luister vir aankondigings oor die wetsontwerp vir lone in die openbare sektor en hoe die regering van plan is om die maatskaplike verligtingstoelae tot 2023 te finansier.”

Hy sê die organisasie hoop dat geen onbegrote reddingspakkette vir mislukkende staatsinstellings aangekondig sal word nie.

Siweya sê Agri SA hoop dat die regering geld sal bewillig om ekonomiese inklusiwiteit aan te spoor deur groter toegang tot grond en kapitaal vir opkomende boere, onder meer finansiering vir die toepassing van betekenisvolle grondhervormingsprojekte en steun vir die Land Bank sodat dit kapitaal aan opkomende boere kan voorsien.

Op Agri SA se wenslysie is ook om meer besonderhede te kry oor hoe Ramaphosa hande met die private sektor sal neem om ekonomiese groei en werkskepping aan te moedig.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot