Die besluit van meer as 70 wit Zimbabwiese kommersiële boere wat in Zambië boer, om gehoor te gee aan die nuwe president se uitnodiging om weer in Zimbabwe te gaan boer, gaan die Zambiese landbou knou. Mnr. Calvin Kaleyi, woordvoerder van die Zambiese nasionale boereunie (ZNFU), sê die meeste van dié boere het aanbiedinge vir 99 jaar-huurkontrakte gekry, asook lenings teen lae rentekoerse.
Dié boere verbou tabak, soja en ander kommersiële gewasse. Kaleyi sê die Zambiese landbou sal beslis ly as die boere besluit om terug te trek, “maar jy kan hulle nie juis keer nie, weens al die aansporing wat aangebied word,” het hy gesê. Die boere lewer ’n belangrike bydrae tot die land se opbrengste van uitvoergewasse. – The Southern Times
Teeplantasies moet plek maak vir avokado's