Minder beeste bemark in die afgelope ses maande is minder slagdiere in Namibië bemark omdat boere hul kuddes begin heropbou ná die driejaardroogte wat sedert 2019 reusekuddeverminderings noodsaaklik gemaak het.
Die Namibiese veebedryf het in April altesaam 14 892 diere bemark, teenoor 18 158 ’n jaar vantevore. Nie ’n enkele dier is in April noord van die veterinêre heining geslag nie.
Verder het Meatco se gemiddelde koopprys gestyg van N$46/kg tot N$52/kg (N$1 = R1), al is dié prys onvolhoubaar, volgens mnr. Angus Claassen, ’n bestuurder by dié maatskappy.