Daar is minstens 250 000 mense op Zimbabwe se waglys vir grondverdeling, maar daar is nie meer plase vir nuwe begunstigdes nie, aldus mnr. Anxious Masuka, minister van grondsake.
Die regering het vroeg in die 2000’s ’n grondherverdelingsprojek begin, waardeur duisende wit boere van hul plase verwyder en deur swart burgers vervang is.
Masuka sê die meeste grond wat hiervoor gereserveer is, is nou toegewys. Die regering kyk hoe hy grond wat reeds aan mense gegee is, kan herverdeel. Mense met verskeie plase se grond sal teruggeneem word en onderbenutte plase word ook geteiken.